Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Little Dinokeng Bush Lodge

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R48, Rust de Winter-weg, Huis 4, Hunter's Pride Wildlandgoed, Hammanskraal, 0407, Gauteng
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Little Dinokeng Bush Lodge is 'n bekoorlike selfsorghuis op die Hunters Pride Wildlandgoed in die hartjie van die manjifieke Dinokeng Wildreservaat.

Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Beide slaapkamers lei na 'n groot stoep met 'n pragtige uitsig oor die omliggende bosveld. Elke en suite-badkamer het 'n bad en stort en gehaltelinne, badhanddoeke en komplimentêre sepies word voorsien.

Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea met 'n TV. Dié area lei na 'n stoep met 'n panoramiese uitsig. Die kombuis is met moderne geriewe insluitend 'n gasstoof, yskas met 'n kouewaterhouer, mikrogolf, koffiemasjien, eetgerei, breekware en skottelgoedwasser toegerus. Vir vermaak is daar 'n slim-TV en gratis WiFi, maar gaste moet hul eie besonderhede gebruik om by die stroomdienste in te teken. In die geval van beurtkrag of kragonderbrekings is daar 'n omsetter wat onbelemmerde WiFi-toegang verseker.

Die huis spog met 'n privaat verhitte swembad met 'n uitsig oor die pragtige omgewing. Hier kan gaste in styl ontspan. Daar is ook 'n vuurput en braaigeriewe wat 'n onvergeetlike bosveldervaring bied. Veilige parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar.

Dinokeng Wildreservaat is in Gauteng en is bekend as die enigste wildbewaringsgebied in die streek. Dit is meer as 22 000 hektaar groot en is die tuiste van 'n verskeidenheid wildspesies insluitend die beroemde Groot 5. Sedert ontwikkeling in 2005 begin het, speel dié reservaat 'n groot rol in bewaring en omgewingsopvoeding in Suid-Afrika.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 13 resensies vir Little Dinokeng Bush Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Betsie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • R48, Rust de Winter-weg, Huis 4, Hunter's Pride Wildlandgoed, Hammanskraal, 0407, Gauteng
  • Gaste dink Little Dinokeng Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R48, Rust de Winter-weg, Huis 4, Hunter's Pride Wildlandgoed, Hammanskraal, 0407, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ba150485f4400045017032b33c7d760a5e2885a50094a70d831a4b6b519f816083bc4e6127dbdac6317908e8eaf2a029ad3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 R48 Rust De Winter Road House 4, Hunter's Pride Wildlife Estate 0407 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.337190122592 28.373976658896

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang