Little Garden Shed
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Montagustraat 28, Blanco, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Little Garden Shed is gerestoureerde erfeniskothuis in George wat tot 8 gaste kan akkomodeer. Dit is 500 m vanaf Fancourt op die Tuinroete. Die huis bestaan uit twee eenhede het omsetters.
Die groter eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 'n moderne badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, asook 'n kombuis met 'n eetarea, leefarea en 'n groot stoep.
Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is ook ‘n dagbed in die leefarea, ideaal vir ‘n kind. Die kombuis is met ‘n elektriese stoof met gasplate, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ’n etenstafel met sitplek vir 6. Die kombuis het ‘n werkende Dover-stoof wat gebruik kan word vir hitte. Daar is 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket, Netlix en onbeperkte WiFi.
Die kleiner eenheid het 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n aparte kombuisie en leefarea. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n klein etenstafel vir 4. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n gemaklike dagbed in die leefarea, asook 'n platskerm-TV met die volle DStv pakket, Netflix en onbeperkte WiFi.
Little Garden Shed is 7,6 km vanaf George Lughawe en 15,6 km vanaf die naaste strand, Heroldsbaai. George het uitstekende winkels en geriewe en is ‘n mekka vir buitelugentoesiaste. Little Garden Shed is naby van die beste golfbane in Suid-Afrika soos Fancourt, Kingswood, Oubaai, en ander. Van hier kan jy die res van die Tuinroete, die Klein Karoo en die Suid-Kaap se wonderlike kuslyn verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Adolph Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Montagustraat 28, Blanco, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Little Garden Shed het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Montagustraat 28, Blanco, George, 6530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang