Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Little Sanctuary

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvluchtstraat 27, Bergsig, Montagu, 6270, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 R1 658 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Little Sanctuary is in die hartjie van die Montaguberge, 'n paar kilometer buite die middedorp en langs die gewilde warmwaterbronne, geleë. Dis op 'n privaat landgoed van 2,5 hektaar in 'n rustige omgewing en dis die ideale plek vir 'n romantiese of rustige wegbreek.

Little Sanctuary bied selfsorgverblyf in 4 luukse woonstelle en 'n bekoorlike bergkothuis, Eagle's Nest.

Die luukse woonstelle het elkeen 'n volledige kombuis, aparte sitkamer, 'n pragtige slaapkamer en 'n badkamer met 'n spa-bad en 'n stoomstort. Die woonstelle het elkeen 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Eagle's Nest-kothuis is klein, maar het 'n pragtige uitsig en beskik oor 'n oopplan-slaapkamer met 'n klein sit- en eetarea, 'n kombuisie en 'n klein badkamer met 'n stort. Dis ideaal vir diegene wat lief is vir die natuur, maar steeds op soek is na gerieflike verblyf. Die kothuis het 'n slim-TV met sekere DStv-kanale. Let daarop dat as gevolg van die kothuis se ligging teen die berge dit met 'n kliptrap bereik word.

Little Sanctuary het 2 privaat swembaddens met asemrowende uitsigte oor die vallei. Gaan besoek die gewilde warmwaterbronne in die winter wat net 2 minute se stap ver is. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar vir langer verblyf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Pieter L
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik en gasvry. Een aand oorslaap was baie aangenaam.
Des 2024
Michelle L
Saam met lewensmaat
5.0
Een vir die boekke! Baie dankie aan ons gasvrou wat ons verblyf ekstra spesiaal gemaak het. Mooi blomme langs die bed en badkamer, sherrie vir die kee...
Sien meer
Feb 2024
Nicky L
Saam met lewensmaat
5.0
Heavenly. Wonderful and relaxing. Very special place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Hanelie D
Saam met lewensmaat
4.8
Ontspannend en voedsel vir die siel. Heerlik gebly. Het hulle staproete deur die tuine veral geniet. Diens was baie vriendelik en topklas.
Jul 2024
Riana F
Saam met lewensmaat
4.8
Dis die perfekte plekkie vir jou en jou lewens maat. Dit was rustig en die woord Little Sanctuary is al die betekenis wat dit beteken. Asemrowend en r...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Darlene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 49

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Uitvluchtstraat 27, Bergsig, Montagu, 6270, Wes-Kaap
  • Gaste dink Little Sanctuary het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
R 1 950 R 1 658
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 950
R 1 950 R 1 658
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvluchtstraat 27, Bergsig, Montagu, 6270, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA46ee1ba307265b6691e24b5ad52ddfc19dad37710eaeda821ed2091a752b4f3a7fb5643388882b19315255c69365becf92e5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 950 nouVanaf R1 658 per nag (plek vir 2) 47 5 1 5 27 Uitvlucht Street Bergsig 6270 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.765226891199 20.119445419296

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang