Live-A-Little
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Civetstraat 2811, Marlothpark Bewarea, 1470, Mpumalanga
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Live-A-Little is 'n gerieflike en volledig toegeruste selfsorghuis in Marlothpark, net 800 m vanaf die Krugerwildtuin se heining en die Krokodilrivier. Die Krokodilrivier skep 'n natuurlike grens tussen Marlothpark en die Krugerwildtuin. Hierdie suidelike deel van die Krugerwildtuin is bekend vir die groot hoeveelhede wild en die Groot 5 wat gereeld hier gesien word. Die volop voëllewe is ook iets om te aanskou - meer as 500 spesies is al hier gewaar!
Verblyf is geskik vir 5 volwassenes en 2 kinders of 4 volwassenes en 3 kinders. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en daar is 'n tripelstapelbed in die derde slaapkamer. Daar is ook ander geriewe soos 'n volledig toegeruste kombuis, sitarea en eetarea. Gratis onbeperkte WiFi word voorsien. 'n TV met DStv Easy View is beskikbaar. 'n DVD-speler is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n onthaaldek met 'n braai-area en die huis word beskerm deur 'n alarmstelsel. Live-A-Little is 'n toevlugsoord in die hartjie van die bosveld en die wild wei rustig langs die huis. Gaste ontspan heerlik langs die swembadjie met 'n koue drankie in die hand. Kom beleef hierdie stukkie paradys in Afrika!
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Tripelstapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Mariette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Civetstraat 2811, Marlothpark Bewarea, 1470, Mpumalanga
- Gaste dink Live-A-Little het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Civetstraat 2811, Marlothpark Bewarea, 1470, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang