Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Staples House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 339, Matjieskloof, Malgas, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Staples House is 'n groot dubbelverdieping-gesinsvakansiehuis langs die rivier in Malagas. Malagas is 'n dorpie op die Breederivier se oewer teen die Potbergreeks, 30 km suidoos van Swellendam en 280 km, of 2,5 uur se ry, vanaf Kaapstad. Staples House is een van die versteekte juwele langs die Breederivier. Dit is 'n goed toegeruste, funksionele huis met 'n groot grasperk en 'n pragtige lapa langs die rivier - alles wat gaste sal nodig hê vir 'n lekker wegbreek.

Die huis is ideaal vir groot groepe en bied baie vermaak, insluitend 'n veerpyltjiebord, ping-pong-tafel, staanroeiplanke, kano's en 2 braai-areas ? een op die rivieroewer en een by die huis. Die groot grasperk het 'n paar hangmatte wat aan die bome hang. Bedags kan gaste voëlkyk en snags kan hulle sterrekyk.

Die huis is oor 2 verdiepings versprei. Die eerste verdieping is 'n groot vertrek met 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n ekstra groot stort in die badkamer. Dié vertrek lei na die tuin. Toegang na die huis word via 'n buitetrap na die hoofdek verkry en nie deur die huis nie. 'n Buitestort is ook beskikbaar.

Die tweede verdieping beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea met 'n kaggel wat na die dek lei. Daar is 3 slaapkamers op die tweede verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, TV, kaggel en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié slaapkamer lei ook na die dek. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens wat 4 gaste kan akkommodeer. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas en 'n ekstra yskas onder die dek, sowel as 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n Bluetooth-luidspreker toegerus.

Daar is 'n kuierarea buite in die skadu van 'n klomp bome naby die water. Gaste kan hee dag lank lekker braai, op die hangmatte ontspan en in die rivier afkoel.

Die huis het sy eie jetty waar gaste hulle bote kan meer, vanwaar hulle kan visvang of kan swem. Daar is ook 'n helling in die water op die perseel wat met die bure gedeel word. Genoeg parkeerplek vir sowat 10 voertuie is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 26

Resensies 44

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Erfdeel 339, Matjieskloof, Malgas, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Staples House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Malgas Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 339, Matjieskloof, Malgas, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf92ffafb7e639e54c7374d138e437fb27d452fb3d598539f7dafb681b1a3a4f54b44216071a17c9ac3376d0a40ccd5666710?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 12) 3 5 1 5 Plot 339 Matjieskloof 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-15:00 10:00 -34.332865544017 20.602752222451

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang