Living Water
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nic Tredoux 5, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Living Water is 'n selfsorgwoonstel wat alles het wat jy nodig het vir 'n strandvakansie: 'n ligging teen die water met direkte toegang tot die baai, asemrowende uitsigte oor die oseaan en sonsondergange, oop ruimtes, en afwerkings en geriewe van goeie gehalte.
Hierdie woonstel op die eerste verdieping is ideaal vir 'n paartjie, maar kan met 'n ekstra kamer op die grondvloer skakel om slaapplek vir nog 3 gaste te bied. Die derde bed is 'n kort bedjie en is geskik vir 'n gas van 1,5 meter. Die woonstel is vas aan die eienaar se huis, maar het privaat toegang.
Jean, die eienaar, het sorgvuldig die droomhuis beplan en ontwerp en jy sal die unieke stempel in die pragtige Oregon-dennehoutdeure, handgemaakte en antieke ligte en unieke afwerkings sien. Klassieke en moderne style is gekombineer om 'n gesellige atmosfeer te skep.
Die hoofwoonstel is op die eerste verdieping en kan met 'n stel trappe van buite af bereik word. Die vrolike kombuisie 'Café Cubana' is met sy rooi yskas volledig toegerus vir kreatiewe kokke. 'n Mikrogolf, tweeplaatstoof, oond en wasmasjien is ingesluit. Tee, koffie, beskuit en opwaslappies word voorsien.
Gaste sal behoorlik kan rus op die groot oopplan-slaapkamer se koninggrootte-bed met 'n donsveerduvet, luukse perkallinne en badhanddoeke. Daar is 'n diep bad of verfrissende stort met 'n uitsig. Dubbelglasdeure lei na 'n groot balkon met 'n stoeptafel en stoele waar gaste die asemrowende uitsigte oor die baai en see kan bewonder en snags die gebrul van die branders sal kan hoor.
Die grondvloerkamer is slegs by die bespreking ingesluit indien 'n bespreking vir meer as 2 gaste gemaak word. Hierdie kamer skakel met die eerste kamer met 'n binnetrap wat na die kombuis lei. Gaste kan kies tussen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n derde bed wat geskik is vir 'n kind van 1,5 meter. Hierdie kamer het 'n groot oopplan-glasstort, wasbak en aparte toilet. Dit lei na 'n stoep en grasperk met buitebraaigeriewe, asemrowende see-uitsigte en 'n tuinhekkie wat na die strand lei.
Die huis maak van sonkrag gebruik en word nie deur beurtkrag geraak nie. WiFi is beskikbaar. Gaste kan die dubbel- en enkelkajak, roeispane en reddingsbaadjies gebruik om die baai te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Klein kombuis
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jean Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Nic Tredoux 5, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Gaste dink Living Water het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nic Tredoux 5, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang