Llandudno Townhouse
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Leeukoppieweg 4, Llandudno, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R19 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Llandudno Townhouse is stapafstand vanaf Llandudno se Blouvlagstrand wat veral bekend is onder branderplankryers, gesinne en diegene wat 'n strandvakansie wil hê.
Dié groot, ligte en ruim meenthuis het slaapplek vir 6 gaste en die boonste gedeelte beskik oor 3 en suite-slaapkamers en 'n groot dek met sitplek en asemrowende uitsigte. Op die onderste verdieping is daar 'n gerieflike oopplan-sitkamer, 'n eetarea, 'n TV-kamer, 'n kombuis, 'n aparte opwaskamer en 'n gaste-toilet. Die leefarea lei na 'n patio en 'n dek met 'n swembad.
Die hoofslaapkamer is 'n groot en ruim slaapkamer met ontblote dakbalke, pakplek in 'n kas, 'n koningingrootte-bed en 'n oop en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n dubbelwasbak. Die kamer het glasdeure wat toegang bied tot 'n groot dek met sitplek en asemrowende uitsigte op die berg en die see. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n wasbak, en glasdeure wat na 'n groot dek met see- en berg-uitsigte lei. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n wasbak, en 'n balkon met lieflike see-uitsigte.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die eetarea het 'n eetkamerstel vir 6 gaste en glasskuifdeure wat na 'n patio lei. Die TV-kamer beskik oor 'n gemaklike rusbank, 'n TV met DStv en bied toegang tot 'n beskutte binnehoffie. Die gerieflike sitkamer het rusbanke wat rondom die kaggel gerangskik is en bied toegang tot die patio en die tuin.
Op die patio is daar stoepmeubels, 'n hangmat en sonstoele waar gaste luilekker langs die swembad kan lê. Daar is ook 'n draagbare Weber-braai en 'n sambreel. Veilige parkeerplek is vir 2 voertuie op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Leeukoppieweg 4, Llandudno, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Llandudno Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Leeukoppieweg 4, Llandudno, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang