Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Loch'nest

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kaldenstraat 5, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Loch'nest is privaat woonstelle geleë op die eienaars se perseel in Strand, 'n skilderagtige kusdorpie aan die voet van die Hottentots Hollandberge, tussen Macassar en Gordonsbaai, in die Wes-Kaap.

Die Loch'nest-eenheid het slaapplek vir 2 gaste en het 'n aparte ingang. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, en 'n TV met toegang tot Netflix en Showmax. 'n Enkelslaapbank word in die leefarea voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskassie, oondjie met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en basiese toebehore. Ander geriewe sluit 'n braai-area in die binnehof, parkeerplek op die perseel en toegang tot WiFi in.

Eagle's Nest is 'n volledig toegeruste selfsorg-eenheid op die eerste verdieping met slaapplek vir 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n toilet, bad en stort. Die eenheid het 'n balkon met 'n pragtige berguitsig. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Strand Gholfklub, Somerset Mall, Cheetah Outreach, Helderberg wynlandgoedere, Strand Waterworld en Hottentots Holland Natuurreservaat in.

Die ligte, WiFi en TV bly aan tydens beurtkrag en gas is beskikbaar om te kook.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Patricia G
5.0
Rustig. Baie gerieflik, goed toegerus, stil en veilig, was beïndruk om 'n inverter te hê.
Jan 2024
Sue-jeanne J
5.0
Lovely stay. Great accommodation and very well equipped. I'd love to visit again! The secure parking was a bit of an unexpected hassle ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Salome B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek. Netjies, skoon en veilig. Baie lekker plek. Mooi klein tuin. Lekker rustig. Pragtig binne. Het baie daarvan gehou.
Feb 2023
Taryn P
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely and quiet space. Highly recommend this place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023
Marcelle S
5.0
Puik plekkie. Ek is baie tevrede en ek het sommer klaar my volgende bespreking gemaak.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Kaldenstraat 5, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Loch'nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kaldenstraat 5, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcf74d376bc9a40bd0fb3539cb22ccc88168b2025ca840e36ed39544debb0101f4dcb5162095fda16e2d45784788a3d44511f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 5 Kalden Street Strand 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -34.105442588137 18.831988681506

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang