Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lodge @ Leadwood

Selfsorg
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cason-weg 8, Boksburg-Noord, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Vanaf R799 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lodge @ Leadwood bied gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstelle in Boksburg, en is sowat 11 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Die woonstelle het slaapplek vir tussen 2 en 4 mense en het lugversorging vir gerief. Die kamers is ingerig met koningingrootte-beddens, en elke woonstel het 'n privaat badkamer met 'n bad en 'n stort. Gerieflikheidshalwe word handdoeke voorsien.

Elke woonstel het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Elkeen van die woonstelle het ook 'n privaat sitkamer wat toegerus is met 'n TV met DStv, en WiFi is beskikbaar. Neem asseblief kennis dat rook nie in die eenhede toegelaat word nie, en troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Boksburg bied 'n verskeidenheid besienswaardighede soos die Oos-Rand Winkelsentrum, die Bokkiepark om diere te voer en te besigtig of die Le Grange-voëlpark om die verskeidenheid voëls te sien, die Hechter-Schulz Afrokultuurmuseum en -studiesentrum, die Boksburgmeer vir visvang , bootry en voetslaan, asook verskeie historiese geboue soos die Ou Poskantoor, St Michaels en All Angels Anglikaanse Kerk, of die Regshof.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
3.1
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Cason-weg 8, Boksburg-Noord, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Gaste dink Lodge @ Leadwood het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 799
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 799
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cason-weg 8, Boksburg-Noord, Boksburg, 1459, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA225adecabe1b9264bf00383b36ad059f9315e830be01746fec8b189d7aa758bf3ba67cf833111ec6c18b6103fa5a86fc66e5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R799 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 8 Cason Road Boksburg North 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.208456062842 28.250118017197

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang