Lodge 54 Hoedspruit Wildlife Estate
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rotsvy-weg 14, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R2 500 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Lodge 54 Hoedspruit Wildlife Estate is ’n selfsorghuis in die Hoedspruit Wildlife Estate. Dit is een van die gewildste landgoedere in die Laeveld-bos. Daar is vrylopende wild op die landgoed, insluitend kameelperde, sebras, waterbokke, wildebeeste, koedoes en ander kleiner bokke. Gaste kan veilig in die landgoed rondloop en daar is verskeie damme en voëluitkykpunte. Hoedspruit Wildlife Estate is sowat 50 minute se ry vanaf die die Nasionale Krugerwildtuin se naaste ingangshek.
Die huis het lugversorging, bied verblyf aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Hierdie kamer het skuifdeure wat na ’n stoep met sitplekke lei. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n slaapbank vir klein kinders. Gaste deel ’n badkamer wat ’n stort, toilet en wasbak het. 'n Derde slaapkamer met 'n dubbelbed is beskikbaar indien gaste nie kamers wil deel nie.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met ’n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en ’n toonbank met stoeltjies. Daar is ’n aparte opwaskamer met ’n skottelgoedwasser, ’n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het ’n etenstafel met sitplek vir 6. WiFi is bskikbaar. Die sitarea het sitplekke en ’n platskerm-slim-TV. Skuifdeure lei na ’n stoep met meubels en ’n ingeboude braai, sowel as ’n beskutte tuin-area. Onderdakparkeerplek vir 2 voertuie is voor die eenheid beskikbaar.
Die eenheid het 'n omsetter wat tydens beurtkrag inskop.
Die landgoed het ’n gemeenskaplike swembad en ’n ingeboude braai-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Silke Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Rotsvy-weg 14, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Lodge 54 Hoedspruit Wildlife Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rotsvy-weg 14, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang