Lodge Riana
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kolgansstraat 106, Meerenbosch Landgoed, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R2 150 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Lodge Riana is in 'n veilige Middelvlei Oord op die ongerepte Botrivierstrandmeer en -riviermonding se oewer geleë. Dit is in 'n pragtige melkhoutboomwoud en ideaal vir 'n rustige, ontspanne vakansie weg van alle gejaag en die stadslewe. Die Oord het daarom streng riglyne teen harde musiek en partytjielawaai.
Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
WiFi is beskikbaar.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Wasmasjien is ook in die kombuis beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek.
Buite is daar 'n houtdek wat na 'n gedeeltelik omheinde binnehof met 'n wasgoeddraad en 'n vuurput lei. Die Middelvlei Oord het ook geriewe soos 'n swembad, tennisbane en 'n ontspanningsaal met tafeltennisborde en 'n pool-tafel.
Rook is streng verbode by die lodge.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Hans Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Kolgansstraat 106, Meerenbosch Landgoed, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Lodge Riana het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Fisherhaven Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kolgansstraat 106, Meerenbosch Landgoed, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang