Loerie's Call Guesthouse
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Preez-straat 2, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
-
Vanaf
R2 550R2 168 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Loerie's Call Guesthouse is in 'n mooi tuin in Mbombela (Nelspruit) geleë, in die hartjie van die Laeveld. Die gastehuis word deur die eienaar bestuur en is net bo die dorp geleë. Dit is lekker naby die middedorp maar weg van die gewoel.
Loerie’s Call Guest House is geskik vir sakereisigers, maar ook vir diegene wat op soek is na rustige vakansieverblyf. Dit is die ideale basis waarvandaan gaste die stad en die omgewing kan verken.
Verblyf word in 9 unieke en suite-kamers met privaat ingange en 'n balkon of stoep aangebied. Die kamers het elkeen 'n warm atmosfeer met sagte beligting en baie gerief. Elke kamer het sy eie persoonlikheid en daar is baie aandag aan detail geskenk.
Ontbyt word daagliks in die ontbytkamer voorgesit. Die ontbytarea en stoep is hoog op 'n heuwel geleë en bied ongeëwenaarde uitsigte oor die Krokodilriviervallei en Mbombela (Nelspruit).
Geniet 'n heerlike ete na 'n lang dag by die restaurant op die perseel, Orange Restaurant, met 'n lieflike uitsig oor Mbombela (Nelspruit). Orange bied 'n volledige a la carte-spyskaart en 'n wynkelder.
Loerie’s Call Guest House is ideaal vir natuurliefhebbers en dit het 'n pragtige tuin wat die tuiste van talle voëls, insluitend die loerie, is. Voerbakke is beskikbaar om hulle nader te lok en daar is bankies vir diegene wat hulle graag wil dophou.
Daar is ook 'n luukse lapa en swembad waarin gaste op warm somersdae kan afkoel. Vra by ontvangs vir 'n skemerkelkie van die restaurant om langs die swembad te geniet. Die lapa het swemhanddoeke en sonstoele.
Gratis WiFi, kopieër-, druk- en faksfasiliteite is vir sakereisigers beskikbaar. Daar is parkeerplek op die perseel en 24 uur-sekuriteit. Toere en 'n pendeldiens kan gereël word. Spa @ O op die perseel bied masseersessies, gesigsbehandelings en vele meer.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Cindy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Du Preez-straat 2, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
- Gaste dink Loerie's Call Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mbombela (Nelspruit) Mpumalanga
- Kapasiteit: 18 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Preez-straat 2, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang