Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LoerieRoepEstate

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 107 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Tarn H
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Lovely location. Lovely hosts, beautiful location and spacious accommodation! Our only issue was the curtains in the main bedroom; they did not cover the full window and were not very thick. The spotlight by the pool made the room very light when trying to sleep. Otherwise, it was a very pleasant stay!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karien B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Aug 2024

Amazing. It was a wonderful experience for us, they were very helpful and the place is really a gem.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Conrad V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2023

Lieflike natuurskoon, rustig en onspannend. Indien gaste hou van pragtige plantegroei, voëlryke tuin en geen stadsgeraas, is hierdie die plek vir hulle!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Madri R
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Mrt 2024

Heerlike rusplek met mooi uitsig. Loerieroep is 'n mooi gastehuis met 'n mooi uitsig. Die gashere is vriendelik en gaan uit hul pad om gaste welkom te laat voel. Daar is hier en daar items in die huis wat voor moes vra - waarop daar dadelik gereageer was. Sal ons weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Maria C
1 nag Besigheidsreis
3.0
Aug 2024

Sal verkies om in die dorp tuis te gaan. Daar is 'n stuk grondpad wat gery moet word, waarvan die laaste kort stukkie regtig sleg is. Dit lyk egter of daar aan die stukkie pad gewerk word om dit te verbeter. Ons is baie vriendelik ontvang en al die nodige inligting is aan ons verskaf. Die water op die plaas is nie drinkbaar nie, maar daar was 'n kan met veilige drinkwater voorsien in ons eenheid. Ons het die Klasieke Koningkamer met die koninggrootte bed bespreek. Die bed was twee enkel/driekwart beddens, van verskillende hoogtes wat teen mekaar geskuif was. Elke bed met 'n ander kleur paslaken. Dit was beslis nie 'n koninggrootte bed nie en was ook nie opgemaak as 'n koninggrootte bed nie. Die bolaken, kombers en duvet wat oor die beddens gegooi was, is te klein vir 'n koninggrootte bed. Wanneer twee enkel/driekwart beddens saam opgemaak word as 'n koninggrootte bed, moet die beddens minstens dieselfde hoogte wees en as 'n geheel opgemaak word. Die plek was verder redelik netjies, maar kort aandag. Daar is 'n baie mooi swembad met 'n baie mooi uitsig. Ons het nie onveilig gevoel nie.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Yulanda S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2023

Mooiste tuine, top diens en gasvryheid! Baie dankie Lidia vir jou hartlike en vriendelike ontvangs, en kort-kort inloer of als reg is. Ons het heerlik gebly, baie dankie vir top diens en jul pragtige, warm plek. Ons waardeer al die ekstra moeite om seker te maak dat ons reg is. Ons het heerlik gebly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marco
LoerieRoepEstate
Hi Yulanda & Johan, Ek is bly as familie so lekker kan saamkuier. Ek hoop dit gebeur meer gereeld sodat ons julle meer gereeld sal sien. Dankie vir jul spontane vriendelikheid, waardering en lekker geselsies. Dit is gaste soos julle wat dit vir my die moeite werd maak. Pas vir Petro mooi op (soos julle altyd doen) en hoop jy het al kennis gemaak met Bosbok, Johan? Sien uit na 'n volgende keer. LoerieRoep liefde, Lidia

Petro J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Jun 2023

Ons het gemaklik gebly, maar die plekkie het bietjie werk nodig. Die grondpad was nie great nie, heelwat groot trokke wat ook die pad gebruik. Veiligheid was goed, alhoewel die hek meer as een keer oopgelos was, nie seker of dit die gaste was nie. Aangesien die water nie drinkbaar is nie, dink ons LoerieRoep behoort drinkwater beskikbaar te maak. Dis ver om Nelspruit toe te ry net om water te gaan koop, veral wanneer jy soos ons na donker arriveer. Die eienaars is vriendelik en baie behulpsaam. Werklik aangename mense. Die tuine is pragtig, en goed versorg. Beddens was gemaklik, kamer was netjies en skoon. Daar was nie genoeg warm water nie, maar die eienaars het wel genoem dat hulle gas geysers gaan insit. En die stortkop moet vervang word. Netflix was geadverteer, maar nie beskikbaar nie. Dit was nogal 'n teleurstelling. Verder was ons gemaklik.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0
Marco
LoerieRoepEstate
Hello Petro, As we told you on the day of arrival: we are always here to help and if something is missing or not working please let us know. Usually, we supply drinking water to our guests. I´m very sorry that it was missing in your Unit, you could have asked us anytime and we would have brought you water immediately. Same with Netflix, we installed and signed in on every TV, there is also a sign in the unit saying if it's not working tell us and we can sign in again. So if you would have talked to us we could have improved your dissatisfaction directly. I am very sorry about your hot water problem, as we said the gas geysers were installed yesterday so if you come again it will be all perfect. Same with the showerhead, we already replaced it. Maybe we can take away your worries about safety, we have 2 gates to save us and the guests. We have a security camera showing us the gate if somebody leaves it open that we can close it again and to see if somebody coming in. So no foreigner can come in without us noticing it. We really take care that all of our guests experience a safe space here.

Luan L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

'n Onvergeetlike ervaring. Pragtige ligging veral. Lidia het ons so tuis laat voel. Die boomhuis was so mooi en stylvol. Wens net ons het langer gebly. Maar sal vir seker weer gaan kuier. Beveel LoerieRoep sterk aan. Lidia het dit baie spesiaal gemaak. Was beslis 'n onvergeetlike ervaring en bestemming. Sal vir seker weer wil gaan. Lidia het ons met ope arms verwelkom en tuis laat voel. Mooiste ligging en die boomhuis was baie spesiaal. Beveel LoerieRoep sterk aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marco
LoerieRoepEstate
Hi Luan, Thank you so much for your precious review. I really appreciate that very much. You really made my day as well because you were so appreciative of everything. Guests like you make what I just love what I do. Hope you enjoyed the rest of your trip and who knows, might see you again in the future for longer. We just have so much to see and do and experience in and around our area. But until then, be blessed and stay safe. LoerieRoep hugs Lidia

Karin B
1 nag Gesin met tieners
5.0
Sep 2021

Netjies, veilig, aangenaam, ontspannend. Loerieroep is 'n baie netjiese wegbreekplekkie. Die atmosfeer is ontspannend en mens kan asemhaal in die pragtige tuin en omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marco
LoerieRoepEstate
Ag baie dankie, Karin en Kobus. Julle was 2 jaar terug ook hier (voor Covid ons in 2019 TOE gemaak het) en was dit nou vir my heerlik om weer ou "familie"raak te loop! So bly die kids speel weer krieket, ten minste word julle gedwing om weer by ons 'n draai te kom maak. Maak seker julle maak volgende keer 'n wegbreek naweek daarvan, want hierdie "Halo en Goodbye"- een nag slapies, werk nie rerig vir my nie! Julle ontspan skaars dan word dit weer opgepak. Sterkte met die res van die jaar en baie blessings vir julle gesinnetjie.

Ilsa V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2021

Dit was baie netjies, skoon en huislik. Pragtige ligging en vriendelike gasvrou. Sal dit definitief aanbeveel. Heerlike Laeveld ervaring, pragtige ligging net buite Nelspruit. My dogter is in 'n rolstoel en die gasvrou het die eenheid se meubels geskuif om dit vir haar toeganklik te maak. Sy het dit maklik gevind om in en uit te beweeg en selfs die badkamer was heeltemal toeganklik. Baie dankie LoerieRoep vir 'n heerlike verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marco
LoerieRoepEstate
Hi Ilsa & Johan, Ek het lanklaas so vinnig bevriend geraak met die oulikste gesinnetjie! Ilsa, jou sprankelende geaardheid is aansteeklik. Wens julle kon Nelspruit toe trek! Dit was vir my wonderlik om julle almal se talente te kon deel en selfs jul krisis tye te kon probeer indink. LeRoux, die kindertjies hier het knaend gevra "When is our friend coming back?" Susan, ek wil graag jou naam eendag op kunswerke in gallerye sien pryk. Jy't ongelooflike sport en kuns talente! Hou my op hoogte. Hoop om julle annerdag weer te kan verwelkom. LoerieRoep Groete, Lidia.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marco Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 107

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loerieroep Nr. 5, Op die R957, Sterkspruit, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81643fd0c0a640adcaaddddcde0663023a4919acdea0b25a32063093bf2ff4e6754541d4f44de88df22f4af2dc4b64e23223?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 107 5 1 5 Loerieroep No.5 On the R957, Sterkspruit 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.433106356659 30.902794897556

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang