Lofdal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Wilddogstraat 824, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Lofdal is in Marloth Park geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van die Krugerwildtuin en gereelde besoeke van sebras, rooibokke, kameelperde, koedoes en bosbabas kan verwag word.
Lofdal beskik oor 2 ruim slaapkamers wat elk 'n dubbelbed en 1 enkelbed het. Die kamers beskik ook oor 'n een-suite badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Elke kamer het 'n lugversorger en 'n plafonwaaier. Alle beddegoed is van hoë gehalte en handdoeke word ook voorsien. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis het 'n gasstoof, 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die nodige skoonmaakmiddels is beskikbaar vir selfbediening van eenheid.
Die leefarea het lekker groot vensters, gemaklike sitplek en 'n TV met kompakte DStv-kanale. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saam te bring vir die volledige kykfasiliteit.
Die eenheid het 'n plonspoel om op daardie warm, somersdae af te koel, braaigeriewe en 'n boma waar gaste lekker saam 'n maaltyd in 'n veilige area kan voorberei.
Die huis is naby die Lionspruit-grens geleë waar mens die leeus op 'n gereelde basis kan hoor brul.
Doendinge in die omgewing sluit bekostigbare dag- en nagwildritte, die Krugerwildtuin, uitstappies na Mosambiek en Swaziland, die Panoramiese roete, Hazyview, God's Window, Bourke's Luck Potholes, die Macmac-waterval en die wilde perde by Kaapse Hoop in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Susarah Maryna Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 96
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Wilddogstraat 824, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Lofdal het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Wilddogstraat 824, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang