Lofty Limin'
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Herschel-weg 51, Vishoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lofty Limin' skuil teen die berg bo die Vishoekvallei en dit kyk op die Muizenberg-berge. Dis 'n privaat enkel-eenheid vas aan 'n privaat huis. "Liming" is 'n Karibiese term wat verwys na die kuns om niks te doen. Lofty Limin' is 'n plek waar gaste kan dut, ontspan, "lime", lê langs die swembad, sjampanje drink en die natuurskoon inneem.
Lofty Limin' bied slaapplek aan 4 gaste in 2 kamers. Die Oak-kamer is 'n privaat kamer met 'n dubbelbed en 'n skuifdeur wat toegang tot die balkon bo die swembad bied. Die Rustic-kamer is op 'n tussenvlak bo die leefarea en is lig en lugtig met 'n pragtige uitsig. Die kamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer is oorkant die Oak-kamer.
Die eenheid het 'n volledige kombuis, gerieflike leefarea met 'n rusbank, stoele met verstelbare rugleunings, 'n kroeg en 'n platskerm-TV. Braaigeriewe en 'n eetstel is op die swembadterras beskikbaar. Die swembad het 'n seil oor wat verhoed dat die water verdamp en dit maak die water warmer.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Deirdre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Herschel-weg 51, Vishoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Lofty Limin' het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Vishoek Glencairn Heights Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Herschel-weg 51, Vishoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang