Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Log in @ 118

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rabielaan, Rothdene, Meyerton, 1960, Gauteng
  • Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Log in @ 118 is 'n bekoorlike en smaakvol versierde selfsorg-houthut in Rothdene, Meyerton en is ideaal vir 'n rustige wegbreek van die stad se gewoel.

Dié hut het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n aparte slaapkamer wat met 'n dubbelbed ingerig is. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n wasmasjien. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite die kajuit is daar 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie terwyl jy oor die tuin uitkyk. Gaste kry veilige onderdakparkeerplek reg langs die kajuit. Die bekende Klipdraai Vakansieoord is stapafstand vanaf hierdie verblyf asook plaaslike kruidenierswinkels en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Maryna Y
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly! Ons het heerlik gebly en alles was skoon en netjies met alles wat mens nodig het. Dankie, ons gaan definitief weer van julle verblyf ge...
Sien meer
Okt 2024
Antoinette C
Gesin met tieners
5.0
Fabulous, top notch. Book now. I was absolutely amazed by this cabin. It is upmarket, well decorated and most deferential, a home away ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Dawie V
Gesin met tieners
5.0
Baie baie goed! Dit was 'n baie lekker blyplek. Beveel 100% aan vir diegene wat wil oorbly!
Jul 2024
Niël B
Besigheidsreis
5.0
Perfekte blyplek met ongelooflike diens. Van die besigheidsman wat nie gepla wil word nie tot die reisende gesin wat alles wil sien, word met ope hart...
Sien meer
Mei 2024
Sakkie M
5.0
Awesome sal aan almal aanbeveel en self weer gaan kuier. Baie lekker gewees en gasvryheid was vir ons een van die uitstaan punte.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rabielaan, Rothdene, Meyerton, 1960, Gauteng
  • Gaste dink Log in @ 118 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Meyerton Gauteng
Vanaf R850
R 850 R 765
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R 850 R 765
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rabielaan, Rothdene, Meyerton, 1960, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb85295d4ddf919999e6140b17a004419fcb4b8f94cc753a262226a87ae8270622674013d3015224910b288042e83e7551b98?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R765 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 Rabie Avenue Rothdene 1960 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.600898194398 27.992966920137

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang