Long Acres Bahamas Accommodation
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Loopstraat 53, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Long Acres Bahamas Accommodation is in die kusdorpie Langebaan aan die Weskus geleë.
Dié verblyf bestaan uit 4 volledig gemeubileerde selfsorgeenhede wat elkeen slaapplek aan 2 of 3 gaste bied.
Bahama 1 is 'n klein enkelwoonstel met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, 'n klein kombuisarea en 'n privaat, beskutte braai-area. Dit is 'n enkelwoonstel en die kleinste van die 4 eenhede, dus is daar slegs 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie en 'n klein wasbak.
Bahama 2 is 'n eenslaapkamerwoonstel met 1 dubbelbed, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer met sy eie privaat braai-area. Kinders bo 10 jaar betaal ekstra per nag.
Bahama 3 op die tweede vloer het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -sitkamer, en 'n privaat braai op die balkon. Kinders bo 10 jaar betaal ekstra per nag.
Bahama 4 is ook op die tweede vloer en het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -sitkamer, en 'n balkon sonder braaigeriewe. Daar is wel 'n ekstra braaiplek in die parkeerarea. Bahama 3 en 4 deel 'n ingang na die ander 2 eenhede. Kinders bo 10 jaar betaal ekstra per nag.
Geen handoeke word voorsien nie.
Ander geriewe in elke eenheid sluit 'n TV, DStv en veilige parkeerplek in.
Doendinge in die omgewing sluit swem, sweefski, seilplankry, hengel, visvang en perdry langs die strand in. Nabygeleë besienswaardighede sluit die Weskus Nasionale Park en Mykonos Kasino in.
Neem asb. kennis geen besoekers word toegelaat tensy daar nie vooraf kennis gegee is nie.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Suzette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 185
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Loopstraat 53, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Long Acres Bahamas Accommodation het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Loopstraat 53, Langebaan, 7357, Wes-Kaap