Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Long Beach Self-Catering

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Longshore-straat 566, Uitbreiding 2, Langstrand, 0000, Erongo
  • Vanaf R1 050 R788 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Long Beach Self-Catering bied gehalte-vakansieverblyf aan die Namibiese Weskus.

Die akkommodasie beskik oor 4 selfsorg-eenhede om aan almal se behoeftes te voorsien. Daar is 2 ateljeewoonstelle, 'n eenslaapkamerwoonstel en 'n gesinseenheid.

Die ateljeewoonstelle beskik oor 'n dubbelbed in een en 2 enkelbeddens in die ander. Hulle het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Hulle het ook elkeen 'n kombuis met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitkamerarea het gemaklike sitplek met 'n platskerm-TV met DStv en WiFi.

Die eenslaapkamerwoonstel het 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dit het ook 'n kombuis met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n slaapbank vir 'n ekstra gas en 'n TV met DStv asook WiFi.

Die gesinseenheid beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis het 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n slaapbank en 'n TV met DStv.

Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Long Beach Self-Catering is naby die strand.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 10 resensies vir Long Beach Self-Catering
Netheid
4.7/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Helga Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Longshore-straat 566, Uitbreiding 2, Langstrand, 0000, Erongo
  • Gaste dink Long Beach Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
R1 050 R788
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 050
R1 050 R788
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Longshore-straat 566, Uitbreiding 2, Langstrand, 0000, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe8200e2b0e386d02faeab9e427dd0ca60421f468e0c0d9938c27c33839c19b7864aa151a8ffa255ce9669d46c9b7eb584605?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 050 nouVanaf R788 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 566 Longshore Street Extension 2 0000 Erongo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.831959 14.542917
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang