Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Longbeach Beach House

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thompson-straat 2, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Longbeach Beach House is 'n selfsorgwoonstel wat in Longbeach-woonstelkompleks in die Strand geleë is.

Dié tweeslaapkamer-eenheid bied ’n see-uitsig en beskik oor 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof en 'n oond, 'n outomatiese wasmasjien, asook 'n sisteem vir gefiltreerde drinkwater. Gratis WiFi ook beskikbaar

Die kompleks is baie veiligheidsbewus met elektriese omheinde mure, asook toegangsbeheer wat vanaf die woonstel per telefoon toegang kan verleen. Daar is ook veilige toesluit-onderdakparkeerplek met 'n elektriese hek vir gaste se motor. Verder is daar ook 'n klein gemeenskaplike braaiplek op die grondvloer met 'n braaidrom en rooster, as jy 'n vleisie oor die kole sou wou gaarmaak.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Cheetah Outreach, Strand Gholfklub, Hottentots-Holland Natuurreservaat, Somerset Mall en die strand in. Stellenbosch en sy talle historiese en hedendaagse besienswaardighede, insluitend sy bekende wynroete is slegs 18 km weg, Kaapstad en die Waterfront slegs 45 km weg. Kaapstad Internasionale Lughawe is 25 km weg.

Strand se veilige Melkbaai-swemstrand is net oorkant die woonstel vir swem of lang wandelinge soggens of saans. Saans word die strand verlig en dit is veilig vir aanduitstappies.

Daar is talle interessante restaurante en eetplekke in die omgewing en die meeste is loopafstand van die woonstel af. Die Strand Gholfklub wat skuinsagter die woonstelkompleks is, is sowat 1 km weg.

Gaste kan dus doendinge soos swem, hengel, gholf, wynproe, voetslaan, bergfietsry en branderplankry in die omgewing geniet.

LW.
Die wooneenheid is geskik vir 4 gaste. In uitsonderlike gevalle kan daar op versoek en spesifieke reëlings met eienaar 'n kind bykomend gehuisves word, maar slegs op uitsondering. Indien goedgekeur sal dit 'n bykomende bybetaling van R150 per dag beloop.

Neem asb. ook kennis dat enige besprekings wat die perk van gaste oorskry waarvoor oorspronklik bespeek is en met die eienaar ooreengekom is, in ’n ernstige lig beskou sal word wat kan lei tot n versoek aan gaste om die wooneenheid te ontruim, sonder enige terugbetaling.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 97 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Heidi B
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome. Goeiedag, dit was asemrowend net kort! Binnekort weer terug!
Mrt 2024
Cleona V
Gesin met klein kinders
5.0
I would definitely stay there again. The place was clean and very well looked after. However, the WiFi signal was very bad and the chai...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Lourette J
Gesin met tieners
5.0
Sal weer daar bespreek, dankie Benita! Die woonstel is goed toegerus, in die kamers en in die kombuis. Die woonstel is kompak en gerieflik. WiFi was b...
Sien meer
Jan 2024
Nicky B
Gesin met tieners
5.0
Baie veilig, ruim en skoon plek, eienaar baie behulpsaam gewees. Was baie lekker gewees, mooi plekkie, baie veilig en goed geleë. Eienaar baie behulps...
Sien meer
Des 2023
Myrtle V
Gesin met tieners
5.0
Ligging is 100%. Netheid van die plek is uitstekend. Baie lekker gebly.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Benita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 97

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Thompson-straat 2, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Longbeach Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thompson-straat 2, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA76f09a2ce6475d5669e791de0e37d2edaf3b2936aed4a93a9815338dfc46cb9a4e3f14881e13c0d966be73dedd4ce96a92b5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 4) 97 5 1 5 2 Thompson Street Strand 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.10273 18.81681

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang