Longbeachview
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Amberweg 30, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Longbeachview is 'n luukse, privaat selfsorg-villa in die voorheuwels van die Silvermine Natuurreservaat wat deel vorm van die Tafelberg Nasionale Park. Dit is net 30 minute se ry vanaf die Kaapse middestad en bied asemrowende uitsigte oor die see en op die berge. Kom geniet die sonsondergang vanaf die terras - dis omtrent 'n bederf!
Hierdie pragtige villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea, -kombuis, -eetarea en -sitarea wat toegang bied tot 'n windbeskutte terrasstoep.
Die hoofslaapkamer het 2 verstelbare Tempur-enkelbeddens wat saamgeskuif kan word om 'n koninggrootte-bed te vorm. Die bed het winter- en somer-duvets en daar is 'n instap-aantrekarea en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kamer bied ook 'n platskerm-TV, 'n haardroër en 'n kluis. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Al drie badkamers het 'n plafonverwarmer en 'n suigwaaier.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n oond, gasstoof, suigwaaier, skottelgoedwasser, tuimeldroër, wasmasjien, waterverkoeler en -filter, yskas-vrieskas, en 'n koffiemasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste rondom die etenstafel. Die sitarea het 'n kaggel en 'n platskerm-slim-TV. Die leefarea bied toegang tot die terras met buitemeubels. Daar is sonstoele by die verhitte, soutwater-swembad wat in die pragtige tuin geleë is.
Daar is geen beurtkrag nie aangesien daar 'n sonkragsisteem in plek is. Vinnige, onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die villa word deur middel van 'n alarmstelsel beveilig wat aan 'n veiligheidsmaatskappy gekoppel is. Parkeerplek is beskikbaar in 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure.
Die villa is nie geskik vir kindertjies nie, want die swembad is nie omhein nie en daar is trappe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Amberweg 30, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Amberweg 30, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang