Lookout Safari Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Lookout Safari Lodge skuil in die malariavrye Dinokeng Wildreservaat, naby die dorpie Hammanskraal en net 52 km vanaf Pretoria. Hierdie gewilde toeristebestemming is ryk aan tradisionele kultuur, geskiedenis en natuurlewe.
Die lodge bied 'n unieke bosveld-ervaring in 'n keuse van selfsorg- en tent-chalets. Al die eenhede is ingerig met koninggrootte-beddens of dubbelbeddens en het en suite-badkamers, sitkamers met 'n TV in elkeen en 'n braai-area en kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, Snappy Chef-induksiebord, ketel, eetgerei en breekware. Elke chalet beskik oor 'n privaat Jacuzzi, behalwe vir die gesin-chalet wat 'n privaat plonspoel het.
Die lodge het 'n gemeenskaplike sentrale vermaakarea op 'n hoë platform met 'n uitsigdek wat oor die bos en die dam uitkyk. Die vermaakarea bied 'n sit- en uitkykarea, 'n eetarea vir 10, 'n volledig toegeruste kombuis waar gaste maaltye kan voorberei, en 'n ingeboude braai. Die sitarea beskik oor 'n TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. Gaste kan lekker in die son lê langs die plonspoel. Die vuurmaakplek langs die swembad en vermaakarea is die ideale plek om 'n aand onder die sterre om 'n knetterende vuur deur te bring.
Die reservaat is die tuiste van 'n verskeidenheid wilde diere, insluitend die Groot 5, terwyl ander doendinge om te geniet, selfry-wildkyk, voëlkyk en pieknieks insluit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Liesl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Gaste dink Lookout Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang