Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lookout Safari Lodge

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Vanaf R2 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lookout Safari Lodge is in die malariavrye Dinokeng Wildreservaat naby Hammanskraal geleë, net 52 km van Pretoria af. Dié gewilde bestemming het 'n ryk kultuurerfenis, geskiedenis en 'n rits wildspesies.

Die lodge bied 'n unieke bosveld-ervaring in selfsorg- en tent-chalets. Elke eenheid het 'n koninggrootte-bed of 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, 'n sitarea met 'n TV, 'n braai-area en kombuisie wat met 'n yskassie, Snappy Chef-induksiestoofplaat, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Elke chalet het ook 'n privaat Jacuzzi, behalwe vir die gesin-chalet wat 'n privaat plonspoel het.

Die lodge het 'n gemeenskaplike kuierarea op 'n verhewe platform en 'n uitkykdek wat 'n uitsig oor die bos en die dam bied. Die kuierarea het ook 'n sitarea en eetarea vir 10 gaste, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n ingeboude braai. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste kan in die sonnetjie langs die plonspoel sonbaai, of by die vuurput langs die swembad sit. Die kuierarea is die ideale plek om 'n aand onder die sterre rondom die knetterende vuur deur te bring.

Die reservaat is die tuiste van verskeie wilde diere, insluitend die Groot 5. Daar is ook aktiwiteite soos selfry-wildritte, voëlkyk en pieknieks.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Kobus C
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik onthaal en lekker uitgerus. Verblyf was fantasties. Baie netjies en skoon. Ons het dit baie geniet.
Aug 2024
Elsie V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig en baie mooi. Ons het 'n baie aangename verblyf gehad. Akkommodasie was skoon en baie goed toegerus met alles wat ons benodig het.
Aug 2024
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Sielsverfrisend en rustig. Ons het baie lekker gebly. Soggens kan jy maar diere voor jou stoep verwag. Ons het Sondagoggend in ons bed gelê en na zebr...
Sien meer
Jul 2024
Zinhle L
Saam met lewensmaat
5.0
Worth it, loved and best birthday stay. Thank you for the great stay, loved everything about the place, clean, modern but still gives y...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Ellie V
Saam met lewensmaat
5.0
Alles is netjies. Baie vriendlike staf. Sal beslis weer gaan.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Liesl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Gaste dink Lookout Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Klipdrift 101, Dinokeng Wildreservaat, 15 km vanaf Hammanskraal, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c10a4afa203858bdcb02f716421388c97224c654c95d1b4b4116858b4e208049915e7863bd865c947b728199bc8001f817a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350 per nag (plek vir 2) 56 5 1 5 N1, Klipdrift 101 Dinokeng Game Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.38819150119 28.340699864242

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang