Louis Trichardt Lodge
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 68 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hlanganani-straat 52, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
-
Vanaf
R1 000R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Louis Trichardt Lodge is aan die voet van die majestueuse Soutpansberge in Limpopo. Dit is Suid-Afrika se mees noordelike bergreeks en dié rotsagtige terrein is die tuiste van 'n gewilde besienswaardigheid - die massiewe kremetartboom.
Die lodge is gerieflik op die N1 in Louis Trichardt geleë en dis die ideale plek vir 'n oornagstop of rustige wegbreek. Daar is 19 ruim selfsorg-eenhede in 'n tuin met palmbome. Daar is ook 5 luukse kamers wat nie selfsorg is nie, maar elk tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie het.
Die lodge het ook konferensiegeriewe met plek vir tot 100 afgevaardigdes. Maaltye en verblyf kan voorsien word, doen asb. navraag oor dit.
Die Soutpansberge by Louis Trichardt is 130 km lank en is so vernoem as gevolg van die groot soutpan aan die westelike hange van die berg. Die hoogste punt, Lajuma, is die tuiste van arende, valke en ander roofvoëls. Die meeste luiperde in die wêreld word ook in hierdie bergreeks aangetref. Die meeste van die Soutpansbergstreek is malaria-vry, behalwe vir die noord-oostelike dele naby Zimbabwe- en Mosambiek se grens en die Krugerwildtuin.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Willem Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Hlanganani-straat 52, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
- Gaste dink Louis Trichardt Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Louis Trichardt Soutpansberge Limpopo
- Kapasiteit: 68 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hlanganani-straat 52, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang