Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lourie Bush Retreat

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gerda C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Rustig en lekker gekuier. Ons het vreeslik lekker gebly en alles wat nodig was, was byderhand! Die natuur en wild het gesorg vir baie ontspanning en die plekkie was mooi, netjies, skoon en lekker 'cosy' vir die laatslaap oggende!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kobus M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Heerlike rustige wegbreek uit die stad. Ons het baie lekker gebly en gerus, swembad was heerlik vir die warm somer. Plekkie baie netjies en nuut en baie diere het kom kuier. Ons sal beslis weer gaan, die natuur is asemrowend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stienie N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Al wat ek kan sê is, ons sal weer Lourie Bush Retreat graag wil besoek. Lourie Bush Retreat is 'n ware juweel. Die meeste diere en voëls wat ons nog in Marlothpark gesien het, het ons by die eiendom besoek tenspyte van 3 dae se onophoudelike reën. Die plek is goed toegerus en netjies. Eienaar vriendelik en ook Wally was baie behulpsaam. Ons sal die eiendom beslis weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anell
Lourie Bush Retreat
Hi Stienie, baie dankie vir die mooi woorde. Julle is meer as welkom om Lourie weer te besoek. Julle het werklik mooi na ons plek gekyk en ons waardeer dit opreg. Lourie groete. Frans en Anell

Johnnathin O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2024

Rus. Rus. Rus. Baie netjies, veilig en goed toegerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Billy H
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2023

Beste akkommodasie in die bos. Ons het baie lekker gebly by Lourie Bush Retreat. Dit is 'n tweeslaapkamer (elk en-suite) met slaapplek vir twee kinders apart ingerig in die sitkamer. Die kombuis is goed toegerus. Linne en handdoeke is van goeie gehalte. Die braai op die stoep is 'n lekker kuierplek langs die swembad. Die huis is baie skoon en gerieflik. Die gasheer het die ekstra moeite gedoen om ons gemak te verseker. Ons sal definitief weer daar bespreek indien ons in Marloth Park gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stelsia K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

Uitstekende verblyf. Die huis is gerieflik, netjies en goed toegerus. Kwaliteit beddegoed en handdoeke. Die stoep met ingeboude braai, swembad en aangrensende "fire-pit" is 'n heerlike kuierarea waar al die diersoorte in die park gereeld kom inloer het. Die nagapies wat saans kom kuier, was 'n hoogtepunt. Ons het die kuier baie geniet en sal graag weer in Lourie Bush kom bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jaydee S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2023

Fantastiese wegbreek-plek om te rus naby die Wildtuin. Baie netjiese en mooi plekkie om te bly. Die diere wat daagliks kom kuier by die huis is 'n wonderlike ervaring en so mooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stef-marié S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2023

Pragtige plek. Baie netjies en gerieflik. Sal beslis Lourie Bush Retreat weer besoek en aanbeveel. Dis 'n baie mooi huis en baie gerieflik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karin-lee S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2023

Perfekte familie-wegbreek. Pragtige huis in die bos, diere op jou voorstoep.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anell
Lourie Bush Retreat
Dankie vir julle ondersteuning. Ons sien uit om julle weer te verwelkom. Laat weet gerus hoe ons die ondervinding kan verbeter. Lourie Bush Retreat groete

Chris K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2023

Uitstekend. Ons het baie lekker gekuier. Baie diere wat kom hallo sê en ek sal beslis weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Anell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berghaanstraat 3444, , 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA961ca1202b77ecf35500079587dec0bcac3e6131fd630ac948f6f27c7c03205c04144f61b37933e96c909ea52bcb7c1cc99a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 3444 Berghaan Street Marlothpark 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.3382907 31.8040113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang