Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lourie Bush Retreat

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berghaanstraat 3444, , 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Lourie Bush Retreat is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis wat op die suidelike grens van die Krugerwildtuin in die hartjie van Marloth Park geleë is en laat gaste toe om gereelde besoeke van vlakvarke, koedoes, rooibokke, sebras, volstruise en kameelperde te geniet of gaste kan luister na die leeus, hiënas en seekoeie terwyl die kampvuur in die boma brand.

Dié huis bied gerieflike slaapplek vir 'n gesin van 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Albei slaapkamers is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-hoofleefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale, gemaklike sitplek en 'n slaapbank wat geskik is vir 2 kinders. Toegang tot gratis WiFi is oral in die eenheid beskikbaar.

Buite die eenheid is 'n onderdakstoep, 'n boma met braaigeriewe asook 'n lieflike swembad waar gaste kan afkoel op daardie warm somersdae. Gaste kan ook 'n vroeë oggendwandeling langs die Krokodilrivier geniet met al die opwinding om in die rivierbedding te loer of die Krugerwildtuin besoek wat net 20 km van die huis af is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marina W
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige gerieflike eenheid en baie goed geleë en uitstekende waarde vir geld. Dit is 'n gerieflike eenheid met alles wat nodig is daarin toegerus. On...
Sien meer
Sep 2024
Lee-ann W
Gesin met tieners
5.0
Adventurous, amazing, brilliant and super awesome! It was super every second of it! It's definitely a must for any family to do!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Gerda C
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en lekker gekuier. Ons het vreeslik lekker gebly en alles wat nodig was, was byderhand! Die natuur en wild het gesorg vir baie ontspanning en d...
Sien meer
Jun 2024
Kobus M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustige wegbreek uit die stad. Ons het baie lekker gebly en gerus, swembad was heerlik vir die warm somer. Plekkie baie netjies en nuut en ba...
Sien meer
Mrt 2024
Stienie N
Saam met lewensmaat
5.0
Al wat ek kan sê is, ons sal weer Lourie Bush Retreat graag wil besoek. Lourie Bush Retreat is 'n ware juweel. Die meeste diere en voëls wat ons nog i...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Anell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Berghaanstraat 3444, , 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Lourie Bush Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berghaanstraat 3444, , 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA961ca1202b77ecf35500079587dec0bcac3e6131fd630ac948f6f27c7c03205c04144f61b37933e96c909ea52bcb7c1cc99a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 3444 Berghaan Street Marlothpark 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.3382907 31.8040113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang