Loveable Karoo Huisie
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Serurierstraat 12 A, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Loveable Karoo Huisie bied 4 knus selfsorghuise vir tot 12 mense in die klein Karoo-dorpie, Fraserburg.
Fig Tree Cottage beskik oor 2 slaapkamers wat die gebruik van 2 badkamers met 'n bad of stort deel. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer. 'n Dubbelslaapbank is ook in die leefarea beskikbaar.
Palm Tree Cottage beskik oor 2 slaapkamers, albei slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Olive Tree Cottage beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n dubbelbed ingerig is. Die eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Plum Tree Cottage beskik oor 'n slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Al die eenhede het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafel geniet word. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat 'n TV en 'n knus kaggel het.
In die somer kan gaste in die lieflike tuin ontspan en van die braaigeriewe gebruik maak. Troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word, en parkeerplek is beskikbaar.
Fraserburg bied 'n verskeidenheid historiese geboue om te besoek, waarvan 1 die Pepper Pot is; 'n seskantige gebou in die middel van die dorp en het die simbool van Fraserburg geword. Gaste kan 'n Antieke Voetspoor-safari neem wat by die museum begin en besoekers neem om die gefossileerde voetspoor op die plaas Gansfontein te sien, wat 250 miljoen jaar gelede deur die Bradysaurus gemaak is. Vir lugkykers sal die naghemel 'n bederf wees, en tussen Julie en September sal besoekers bederf word met die aanskoue van bloeiende lenteblomme; afhangende van die reën.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Karin Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 53
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Serurierstraat 12 A, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
- Gaste dink Loveable Karoo Huisie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fraserburg Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Serurierstraat 12 A, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang