Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Loveable Karoo Huisie

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Serurierstraat 12 A, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Loveable Karoo Huisie bied verblyf in 4 selfsorghuisies vir 12 gaste in die klein Karoo-dorpie Fraserburg.

Fig Tree Cottage beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers met bad- en stortgeriewe. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak van die tweede badkamer gebruik. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea.

Palm Tree Cottage beskik oor 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Olive Tree Cottage beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Plum Tree Cottage beskik oor 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n stort

Elke eenheid het 'n oopplan-kombuis wat met 'n mikrogolfoond, stoof, oond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Gaste kan in die sitarea voor die TV en kaggel ontspan.

Daar is 'n lieflike tuin en braaigeriewe waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Parkeerplek is beskikbaar.

Fraserburg bied verskeie historiese geboue, waarvan een die Pepper Pot is, 'n heksagoongebou in die middel van die dorp wat 'n simbool van Fraserburg is. Daar is 'n Oertydse Voetspoor Safari wat by die museum begin en by die gefossileerde voetspoor op die Gansfontein Plaas eindig. Dié Bradysaurus-voetspoor is 250 miljoen jaar oud. Daar is uitstekende sterkykgeleenthede en tussen Julie en September kan gaste die veldblomme kom bewonder, afhangend van die reënval.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Alta S
5.0
Heerlik. Rustig. Karin en Wessel was dierbaar, vriendelik en pragtige Karoo mense. Alles was perfek in die cottage en ek het heerlik rustig gebly. Ek ...
Sien meer
Aug 2024
Michal S
Gesin met klein kinders
5.0
Great stay. We stayed one night and found all we needed for our little family. We can recommend it for a short stay and a long stay!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Jorika C
Gesin met klein kinders
5.0
Baie mooi huisie en alles is netjies! Alles wat jy nodig het. Die huisies is goed ingerig vir 'n koue winter!
Jul 2024
Cindy D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker netjiese plekkie. Ek het hierdie plekkie bespreek vir my skoonouers in nood en op die laaste minuut, die diens was puik en het ons so mooi tege...
Sien meer
Jun 2024
Erica D
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, skoon en huislik. Ons het gou tuis gevoel en heerlik gebly. Hierdie plekkie is 'n juweel in die Karoo. Baie netjies versorg. Die eienaar het n...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 51

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Serurierstraat 12 A, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Gaste dink Loveable Karoo Huisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Serurierstraat 12 A, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA807c52a2219d643f12e15788c19bee3dd37b132f2d661a30ba1c6d44c0762c04bb688876e2ff38216bf47b01fff4b9375b3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 40 5 1 5 12 A Serurier Street Fraserburg 6960 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.917069576668 21.511985408985

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang