Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ludakari

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kierieklapperstraat 21, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ludakari is 'n ruim selfsorghuis in die Leeupoort Vakansiedorp, ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat gemaklike verblyf omring deur fauna en flora soek.

Die huis het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, mikrogolfoond , eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea is ruim met gemaklike banke. Daar is 'n knus kroegarea met stoele vir gesellige kuieraande.

Die leefarea lei na 'n lieflike stoep met buitemeubels, braaigeriewe en 'n swembad. Die stoep bied 'n uitsig oor die omheinde tuin. Die huis is op 'n groot plot wat dit 'n privaat area in die bos maak.

Ludakari bied aan gaste die geleentheid om te ontspan, te gaan stap en wild te besigting. Daar is ook veilige onderdakparkeerplek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Johan K
5.0
Rus en vrede - Kos vir die siel. As jy van privaatheid, stilte en diere hou, is hierdie die perfekte plek vir jou. Ons het baie lekker gekuier en sal ...
Sien meer
Okt 2024
Roelene V
5.0
Ons het heerlik gekuier by Ludakari! Ons het 'n ongelooflik lekker ervaring gehad by Ludakari! Doen jouself 'n guns, boek Ludakari as jy Leeupoort toe...
Sien meer
Aug 2024
Shawn M
Saam met vriende
5.0
Anet was 'n goeie gasheer. Het baie lekker gerus die naweek. Het baie lekker gebly.
Jun 2024
Roosmarie V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese wegbreek. Ons het regtig baie lekker gebly en gekuier.
Apr 2024
Ria B
5.0
Die Bosveld en diere is so mooi. En 'n pluspunt is vir seker die splash pool. Heerlik gebly. Die huis is toegerus met alles wat nodig is.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Anet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kierieklapperstraat 21, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Ludakari het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kierieklapperstraat 21, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA477a21da36ecc7e91f0f2fdef017d269d0dac7b8127cc0ddef50e682e761381ba5c880299aa38807a138407de48fa5c069ea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 37 5 1 5 21 Kierieklapper Street Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -24.927483363786 27.639412026806

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang