Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lumley's Place Guest House

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.7
Veiligheid
4.2
Olivia S
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2023

Gerieflik geleë vanaf trouvenue. Stil omgewing en heerlikste tuisgemaakte ontbyt. Benita, die gasvrou, het ons rondom die ontbyttafel vertel van die omgewing en die geskiedenis. Alles was tuisgemaak en smaaklik. Kamers is baie ruim en skoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Benita
Lumley's Place Guest House
Baie dankie vir die verblyf by ons. Dit was lekker om julle as ons gaste te hê. Ek beveel julle aan vir enige ander verblyf en verwelkom julle terug met ope arms. Ons is baie trots op ons herkoms en lekker kultuur stories en verwelkom dit as gaste graag navrae doen en ook hul stories en komvandaan met ons deel. Baie bly dat julle ons tuisgebak en ontbyt geniet het. Seëninge op jul reise.

Ruben B
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Jul 2024

Excellent. Superb. Outstanding.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Lodewikus V
1 nag Saam met lewensmaat
3.8
Mrt 2024

Dit is baie naby aan Kaapstad maar nie so baie verkeer nie. Lekker gebly. Dit is goed vir baie wynplase se besoek. Kaapstad is binne bereik. Ons het lekker geswem om af te koel. Mense is baie gasvry. Die omgewing is omring deur berge. Die tuin is baie mooi en skep 'n rustige atmosfeer. Sal weer daar gaan bly. Dankie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Benita
Lumley's Place Guest House
Baie dankie, Lodewikus. Ons is so bly julle het julle tydjie by ons geniet in ons kleine dorpie. Die lewe en harde werk is sommer die moeite werd as 'n gas so voel oor ons plekkie. Ons lewe om ons gaste die beste te kan bedien met wat ons het om aan te bied. Ja, ons het 'n mooie omgewing letterlik in die kom van 'n 360-grade omhelsing van berge, fietsrypaaie en bergklim-ervaringe. Baie dankie dat julle weer by ons sal kom bly, ons verwelkom julle met ope arms. Baie dankie, mag julle geseënd wees.

Luzane V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2022

Pragtige uitsig! Mooi, rustig en baie veilig. Baie lekker ontbyt geëet, met die vriendelikste diens. Sal definitief aan ander aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Benita
Lumley's Place Guest House
Baie dankie Luzane vir jul verblyf by ons. Ons is baie dankbaar vir hierdie mooi woorde, dit bemoedig ons. Dankie vir die verwysings en julle word met groot lof aanbeveel by enige verblyf waar julle julself mag bevind. Ons verwelkom julle terug enige tyd en met ope arms. Seëninge op jul lewe.

Anieka W
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2022

Fantastiese diens. Baie dankie. Baie goeie en vriendelike diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Benita
Lumley's Place Guest House
Baie dankie Anieka vir hierdie pragtige boodskap aan ons oor jul verblyf. Ons waardeer dit verskriklik. Dankie dat u ons diens waardeer en geniet het. Seeninge.

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
2.0
Des 2022

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
1.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Willem J
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Mrt 2020

Heerlik gekuier. Baie ontspanne atmosfeer. Pragtige natuurskoon met die berge, proteas in die tuin en die vriendelikste gasvrou. Baie lekker gekuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0
Benita
Lumley's Place Guest House
Willem, ons waardeer jou pragtige woorde oor jul verblyf by ons. Ons is bly julle het baie lekker by ons oorgeslaap en ons tuin en proteas geniet. Ek sien sekuriteit het jy 'n 3 gegee. Was daar enigiets wat vir jou uit plek gelyk het of waaroor jy bekommerd was? Ons is bevoorreg om in 'n besonderse veilige kleine dorpie te woon (tot dusver) waar elke huishouding in ons 1 lang straat deel is van die buurtwag. Die beskerming is van ons dorpie. Ons beskerm ons dorp hand en tand sodat ons almal veilig is en bly. Dit is die voorreg van 'n kleine dorpie soos Johannesdal met ons uitmundende buurtwaglede.

Anton J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2019

Diens was uitstekend! Ons het regtig uitstekende diens gekry. Die kamers was netjies en die ontbyt was ook uitstekend. Baie dankie aan almal by Lumley's Place.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marlene F
1 nag Saam met vriende
4.2
Feb 2019

Ongelooflike gasvryheid, heerlike ontbyt! Ons het heerlik gebly, baie gasvrye gesin, en ontbyt was watertand lekker!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Jan M
1 nag Saam met lewensmaat
2.8
Nov 2019

Voel soos 'n hotel pleks van 'n B&B. Die eienaar van die B&B was net vir 5 minute daar op ons tweede dag. Geen persoonlike aandag. Die swembad was nie skoon nie en die tuin en omtrek ook nie.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Benita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 1)
Vanaf
R2 000
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lumley-laan 5, Johannesdal, Pniel, 7681, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81f9aeb8d3b5e2929f787d70522dddc1909eaa0103c2817a61bdea62c23b45af1198796331cf8e75fa70a3dfb6e06a0dee7e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 1) 23 5 1 5 5 Lumley Avenue Johannesdal 7681 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-15:00 10:00 -33.902915215927 18.952016830444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang