The Penthouse @ 8 Perissa Santorini
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 12 Jan 2025 tot 15 Jan 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ocean-rylaan 101, 8 Perissa, Santorini Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 370 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Penthouse @ 8 Perissa Santorini is 'n gewilde selfsorg-dakwoonstel langs die semi-privaat Perissa-strand. Hier word gaste meegevoer met die woonstel se sjiek styl, balkonne wat reg rondom die woonstel strek en ononderbroke uitsigte oor die Dolfynkus.
Die dakwoonstel is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n lessenaar met 'n stoel en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat balkon met 'n see-uitsig. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in dié 2 slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Al drie slaapkamers het lugversorging en see- en strand-uitsigte.
Die hoofbalkon het buitemeubels waar gaste kan eet, 'n Weber-braai en sonstoele. Die kombuis is met 'n ysaks-vrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, 'n droër met 'n lae temperatuur, ketel, broodrooster en 'n toonbank met stoele toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 6 gaste wat kan verbreed tot daar sitplek vir 8 gaste is. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Die helder sonkamer dien as 'n tweede sitarea en spog met see- en kusuitsigte oor die Tugela-riviermond. Daar is lugversorging deur die hele woonstel.
Gratis WiFi is oral in die woonstel beskikbaar. Die volle DStv-pakket is ingesluit en gaste kan ook hul gunstelingprogramme op die slim-TV stroom, insluitend Netflix, YouTube ens. Bordspeletjies en 'n verskeidenheid boeke word voorsien.
Gaste kan die privaatheid van hierdie woonstel geniet met toegang tot al die voordele van die Santorini-landgoed. Die landgoed word beveilig met heinings en geslotekringtelevisiekameras. Dit bied ook toegang tot die strand, het 'n selfhelp-wassery, 'n gemeenskaplike braai-area, tennisbane en 'n klimraam vir kinders.
Let asb. dat die woonstel op die tweede verdieping is en met trappe bereik word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Ryan Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 18
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Ocean-rylaan 101, 8 Perissa, Santorini Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Penthouse @ 8 Perissa Santorini het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ocean-rylaan 101, 8 Perissa, Santorini Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang