Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Luxury Guesthouse Co @ Honeymoon House

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leeu-weg 4112, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Luxury Guesthouse Co @ Honeymoon House is ’n dubbelverdieping-selfsorghuis met ’n grasdak in die middel van die bosveld in Marlothpark. Dit is die perfekte plek om te bly vir gaste wat net wil ontspan.

Hierdie huis bied verblyf aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die huis het lugversorging en daar is waaiers. Die ruim hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed, sitarea en ’n en suite-badkamer wat oopplan is met ’n bad en stort. Hierdie kamer lei na ’n balkon wat lieflike uitsigte oor die bosveld bied. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het ’n etenstafel met sitplek vir 4 gaste.

Buite is daar ’n houtdek met sonstoele, ’n ingeboude braai en ’n swembad, sowel as ’n buite-stort.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
Grondpad
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Brenda W
Gesin met tieners
5.0
Beautiful relaxing experience! See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Wynandt D
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Was 'n baie lekker plek om by te bly.
Apr 2024
Anne-marie D
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, goed toegerus, veilig en privaat. Ons verblyf was baie rustig en spesiaal.
Jan 2024
Natasha V
Gesin met klein kinders
5.0
So waar rus vir die siel. Hierdie eenheid het alles wat jy nodig het. Soveel aandag aan detail en modern. Die kamers is vreeslik mooi en elke bed het ...
Sien meer
Jun 2023
Fikile M
Saam met vriende
4.6
Serenity, joy and happiness. It was beautiful, far from your neighbours, a beautiful spot to be visited by animals.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Henriette Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 41

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Leeu-weg 4112, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Luxury Guesthouse Co @ Honeymoon House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leeu-weg 4112, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdea8a28e4f85a52f046814b762c497951b57bdb2e1edbfb834fc13a683670210a6adc015762b6ec6efc3f44126f047975570?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4) 9 5 1 5 4112 Leeu Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.353506989735 31.801215640475

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang