Luxury Kruger Escape
Kry 30% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 3384, Marlothpark, 1330, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 500R1 050 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Luxury Kruger Escape bied gehalteverblyf met 'n safari-tema in Marlothpark. Daar is wild wat vrylik op die perseel rondloop. Dit is net 20 km vanaf die Krugerwildtuin se Krokodilbrughek vwat dit ideaal maak vir gaste wat op soek is na 'n wildkyk-ervaring.
Verblyf word in die hooflodge en die Leopard-chalet gebied. Die hooflodge beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Al die kamers het lugversorging.
Daar is 'n etenstagel waar gaste saam hul etes kan geniet. Die leefarea het banke, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Daar is gratis WiFi. Die eenheid bied toegang tot 'n balkon met meubels en braaigeriewe. Die hoofslodge se gaste het ekslusiewe toegang tot die swembad, vuurput en lapa.
Die Leopard-chalet bied slaapplek aan 3 gaste en dit het 'n koninggrootte-bed en 'n kot. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel waar gaste hul etes kan geniet. Daar is 'n bank, platskerm-TV en gratis WiFi. Die eenheid bied toegang tot die balkon en daar is meubels en braaigeriewe op die balkon. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Ligging
- Elandstraat 3384, Marlothpark, 1330, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 3384, Marlothpark, 1330, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang