Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lynnwood View Bed & Breakfast

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farmer's Folly 13, Lynnwood, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 100 R935 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Lynnwood View Bed & Breakfast is in die oostelike voorstad, Lynnwood. Staan op die balkon van een van ons ruim, volledig toegeruste kamers in Lynnwood en beleef die uitsonderlike voëllewe en die rus en vrede. Ons is geleë in 'n sekuriteitskompleks en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Dié B&B is maklik bereikbaar vanaf al die hoofweë (die N1 en N4) in die Tshwane-omgewing en ook naby Tuks, CSIR, die botaniese tuin, Innovation Hub, ambassades, hospitale, restaurante, skole, Menlyn en Loftus, Brooklyn Teater en Atterbury Teater. Jy kan die middestad ook in 'n japtrap van hier af bereik.

'n Tradisionele ontbyt word bedien in ons privaat gaste-eetkamer en aandetes is op versoek beskikbaar. Ons het 'n welige tuin en 'n groot swembad.

Ons gaste kom van al die uithoeke van die wêreld af en ons personeel is opgelei deur die Tourism Hospitality Education and Training Authority. Die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika het 3 sterre aan ons toegeken en ons behoort ook aan die Gastehuisvereniging van Tshwane/Pretoria-Oos.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Janette V
Besigheidsreis
5.0
Lekker geslaap, heerlike ontbyt en gawe mense. Heerlik gebly en geslaap.
Des 2024
Johan M
5.0
Vinnig. Ja. Baie lekker gebly.
Okt 2024
James S
5.0
Great. Excellent. Very comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Marilize V
Saam met lewensmaat
5.0
N̈ huis weg van jou eie huis. Ñ Gerieflike, veilige, netjiese en rustige gastehuis naby aan al die groot inkopiesentrums. Ñ wonderlike gasvrou!
Jul 2024
Salomie V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike stil gastehuis met lieflike ontbyt. Hoogs aanbeveel. Ronel was 'n wonderlike gasvrou. Sy het my opgekommodasieer nadat ek my datums verkeerd ...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Farmer's Folly 13, Lynnwood, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Lynnwood View Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farmer's Folly 13, Lynnwood, Pretoria, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFmMjJjMWY1LTJjOGYtNDRhNC05ZDdkLTJjYzMzZjVmOGMyOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R935 per nag, vir 2 mense 40 5 1 5 13 Farmers's Folly Lynnwood 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.759046611643 28.251470565641

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang