Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lyn's Self-catering

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Franke-straat 25, Vineta, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lyn's Self-catering is in Vineta in Swakopmund geleë en is ideaal vir paartjies, enkelreisigers of gesinne van 4 wat wil ontspan. Verblyf is beskikbaar in 2 aparte woonstelle op 'n residensiële perseel waar die eienaars ook bly.

Die woonstelle is langs mekaar.

Woonstel 1 het 'n oopplan-kombuisie, eetarea, 'n dubbelbed, 'n slaapbank vir kinders en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskas, tweeplaatstoof en 'n mikrogolf toegerus en daar is 'n TV met vol DStv, WiFi en 'n alarmstelsel in die eenheid.

Woonstel 2 het 'n oopplan-kombuisie, eetarea, ;n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort en aparte toilet. Die kombuisie is met 'n yskas, konveksie-oondjie en 'n mikrogolf toegerus en daar is 'n TV met vol DStv, WiFi en 'n alarmstelsel in die eenheid.

Die perseel het 'n privaat tuin, braaigeriewe en veilige parkeerplek wat gaste kan gebruik.

Die perseel is 700 m van die strand en naby plaaslike supermarkete, OTMs, wasgoeddienste, 'n apteek en 'n vulstasie. Die Dome binnenshuise sportsentrum is 1,2 km ver. Die gashere kan help met ete- en uitstappie-besprekings in Swakopmund.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gideon V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekke gebly. Heerlike blyplek wat baie netjies en nuut is!
Des 2023
Sandra S
5.0
Heerlik. Sal blyplek aanbeveel. Sal weer daar gaan bly met 'n volgende besoek. Dit was alles wat ons nodig gehad het.
Des 2023
Andre S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, baie dankie vir julle vriendelikheid en hulpvaardigheid. Goeie waarde vir geld, ideaal om 'n nag of twee oor te slaap om dorp en omliggend...
Sien meer
Sep 2023
Renee N
Saam met lewensmaat
5.0
Quiet and lovely. We had a lovely stay. Perfect location, Lyn's Self-catering is a lovely cosy place to stay at. Owner was very accommo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2023
Elsabè B
Saam met lewensmaat
4.8
Baie netjies en smaakvol en baie gasvrye eienaars. Plek was baie netjies en gerieflik. Eienaars gasvry en hulpvaardig.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Franke-straat 25, Vineta, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Gaste dink Lyn's Self-catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Franke-straat 25, Vineta, Swakopmund, 0000, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9160801c88bb24539504082aeaafdc4acb43c1612cbd1713c72cebad2161fb5fe32c2e0eab267a597a125005f1388fa98d3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 25 Franke Street Vineta 0000 Erongo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.651725153043 14.536909653552

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang