Mabalingwe - Dream Of Nature
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Mabalingwe - Dream of Nature is 'n moderne selfsorg-lodge wat in die Mabalingwe Natuurreservaat, 35 km vanaf Bela-Bela geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie wildreservate en ander besienswaardighede.
Hierdie lodge is smaakvol gemeubileer en bestaan uit 3 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamers beskik elk oor 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en een van die slaapkamers het lugversorging. Daar is 'n ekstra slaapbank vir 2 kinders in die leefarea. Die kombuis is goed toegerus en het 'n yskas, oond met 'n stoof, mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ander toebehore.
Die eetarea het 'n houttafel met sitplek en is langs die sitkamer wat 'n kaggel en ingeboude kroegarea het en ideaal is vir 'n lekker kuiertjie saam met geliefdes. Die lodge beskik ook oor 'n lapa met 'n braai-area en 'n vuurput, 'n swembad en 'n dek met 'n skouspelagtige uitsig oor die omgewing.
Veilige parkeerplek is beskikbaar en die lodge is net 'n entjie se ry van die reservaat se ontvangsarea met 'n restaurant, winkel, tennis- en muurbalbane, minigholfbaan en ander geriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Leefarea
2 x Kinderbank vir 1
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Therese Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 53
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R516, Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Mabalingwe - Dream Of Nature het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang