Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mabalingwe Caravan Park

Kampeer/karavaan
Spesiale Aanbod 40% af

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 3 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 420 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooiberg/Thabazimbi-pad R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R384 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mabalingwe Caravan Park is in die Mabalingwe Privaat Natuurreservaat geleë. Dit bied kampeerverblyf aan gesinne en vriendegroepe wat op soek is na 'n onstpannende wegbreek in die bosveld.

Die karavaanstaanplekke is geplavei of met gras bedek en dit het oorgenoeg skaduwee. Elke staanplek het 'n standaard-kragpunt en daar is 3 ablusieblokke met toilette, wasbakke en storte. Daar is ook 2 gesinsbadkamers. Vullishouers is oral in die park beskikbaar.

Na 'n opwindende dag saam met een van die gidse kan gaste by die geriefswinkel en drankwinkel aanklop vir enige items wat hulle dalk nodig het. R&R Buffalo Bar is ook naby die kampeerplek en bedien heerlike pizzas en kroegetes.

Die Mabalingwe Karavaanpark is die ideale kampeerbestemming vir enige wild-entoesias. Hiér word gaste deur talle voëls en natuurgeluide omring, wat rondom 'n kampvuur tydens sononder geniet kan word. Daar is ook prettige buitelug-aktiwiteite vir die hele gesin, insluitend 'n fietspaadjie, 'n BMX-roete, 'n drafroete, putt-putt, warm- en koueswembaddens met glyplanke, 'n klimraam en 'n vlugbalbaan.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Corlia W
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n verskriklike lekker wegbreek naweek en ek sal beslis weer gaan! Dit was 'n verskriklike lekker naweek! Ek het elke oomblik voluit geniet.
Okt 2024
Annelize S
Gesin met tieners
5.0
Relaxing, enjoyable, amazing! It was an amazing getaway. The camping sites are well laid out, ablution facilities are clean. Game drive...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Cecile B
Saam met lewensmaat
5.0
Park is pragtig, baie om te sien. Was 'n plesier om daar te kamp!
Mrt 2024
Marisa B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en rustig gekamp. Ons het heerlik gekamp by die park. Skoon en netjies met fantastiese kliëntediens.
Feb 2024
Stewart A
Saam met lewensmaat
5.0
Superb! Wonderful place! Peaceful with amazing wildlife.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Mabalingwe Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 86

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rooiberg/Thabazimbi-pad R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Caravan Park het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 384
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 384
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 420 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooiberg/Thabazimbi-pad R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39d615ecf822fc69bcf626500cc8c5956b53e8d194faf2ab44b381b9eee5e2b2e05f6066ffe422c73a7d43bb3bcbcfe41412?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R384 per nag, vir 2 mense 40 5 1 5 R516 Rooiberg/Thabazimbi Road Bela-Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.846487462314 28.046679496765

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang