Macnoster
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandlooperstraat 50, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Macnoster is 'n selfsorg-huis wat in Paternoster geleë is. Paternoster is 'n pragtige vissersdorp aan die Weskus van Suid-Afrika. Die dorp is 'n gewilde toeristebestemming vir mense wat op soek is na 'n Mediterreense atmosfeer. Dis veral bekend vir hemelblou seewater, wit huisies, tradisionele vissersmans-argitektuur en eindelose wit sandstrande.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers en 'n solderkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die solderkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamers deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad en wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die eetkamer het sitplek vir 6 gaste. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.
Die huis het 'n stoep met 'n etenstafel en sitplek vir 6 gaste buite. Daar is ook 'n ingeboude braai-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 62
Resensies 868
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Strandlooperstraat 50, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Macnoster het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandlooperstraat 50, Paternoster, 7381, Wes-Kaap