Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

MacNut B&B

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 28, Maggiesdal-plaas, (Mbombela) Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

MacNut B&B is 7 km vanaf Mbombela (Nelspruit) se stadskern en Ilanga Mall, en slegs 10 minute se ry van MediClinic af. Dit is ideaal geleë vir gaste wat op soek is na gerieflike, ontspanne verblyf in 'n rustige omgewing.

Daar is slaapplek vir 7 gaste in 3 aparte kamers wat op die onderste verdieping van 'n ruim huis geleë is, of slaapplek vir 5 gaste in 'n losstaande eenheid op die perseel. Die kamers kan apart of saam bespreek word. Semi-selfsorg-opsie is ook beskikbaar met braaigeriewe, 'n tweeplaatstoof, braaipan, yskas en breekgoed.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Die ruim patio-kamer het 3 enkelbeddens en 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed met sy eie en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die derde kamer is aan die buitekant geleë met 'n aparte ingang vanaf die tuin. Semi-selfsorggeriewe is beskikbaar sodat gaste ligte maaltye op die stoep kan voorberei. 'n Mikrogolfoond, braaipan en/of tweeplaatstoof kan voorsien word. Daar is 'n yskas op die stoep. Eetgerei is beskikbaar en skottelgoed sal gewas word.

Die gesinseenheid vir 5 is apart van die hoofhuis. Die oopplan-eenheid het 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die eenheid het ook lugversorging, 'n yskassie, mikrogolfoond en basiese geriewe om 'n ligte maaltyd voor te berei of warm te maak.

Die lowerryke tuin het 'n swembad en is ideaal vir voëlkyk, ontspan en swem. Daar is 'n wandelpaadjie wat tot by die 2 damme kronkel en spog met verskeie voëlspesies.

Ontbyt en aandete is teen ekstra koste beskikbaar en moet 'n dag vooraf gereël word. Kospakkies is beskikbaar op versoek vir sakereisigers of besoekers wat op pad is na die Wildtuin of Mosambiek. Daar is ook braaigeriewe en 'n yskas op die stoep. Oorgenoeg veilige parkeerplek vir voertuie en sleepwaentjies is beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Pieter V
Saam met vriende
5.0
Netjiese, goeie-waarde-vir-geld verblyf. Die eenheid was gerieflik ingerig en is baie sentraal wat dit perfek maak as basis vir verkenning van die omg...
Sien meer
Mei 2024
Dawie D
5.0
Sal weer daar gaan kuier. Baie lekker gebly, lekker ruim en huislik. Stil, plaas-atmosfeer.
Apr 2024
Frans E
Saam met lewensmaat
5.0
Sal definitief op my kalender weer 'n kuier moet bestel! Die tuinhuisieself was baie baie gerieflik met alles wat jy nodig het vir 'n lekker kuier. Ge...
Sien meer
Des 2023
Bart D
Saam met lewensmaat
5.0
Fine stay for an overnight or a few days. Beautiful surroundings to relax. A most friendly stay just outside Nelspruit. Everything you ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2023
Erika B
5.0
Ons het net 'n oornag plekkie gesoek om my kinders wat met die City bug gereis het in Nelspruit te kry en wou nie in die nag terug ry Marloth park ...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Doret Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Erfdeel 28, Maggiesdal-plaas, (Mbombela) Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink MacNut B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 28, Maggiesdal-plaas, (Mbombela) Nelspruit, 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAD2y8FgQJ0lWeLxznTIPDAHanMcTQvX8GnKJNQq6yuJgv1oY3S6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 Portion 28 Farm Maggiesdal Mbombela (Nelspruit) 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.522342586866 30.956451952425

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang