Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Magani Ridge

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2024 tot 31 Des 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moddervislaan 1641, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 500 R2 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Magani Ridge is 'n selfsorghuis in Marloth Park, 'n 3000 ha-wildreservaat en -vakansiedorp aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga, geleë is. Dit is 'n gewilde oornagplek vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis, en bied die kans om vier van die Groot Vyf te besigtig.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n oop bad en toilet. Die tweede en derde slaapkamers is elkeen ingerig met 2 driekwartbeddens en deel 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet wel hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, yskas, vrieskas en mikrogolfoond. Breekware en eetgerei word voorsien. Die huis het lugversorging en muurwaaiers. Die sitarea is ingerig met 'n L-vormige bank en 'n platskerm-TV met Openview. Die TV is geskik vir 'n Play Station of skootrekenaar. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense.

Daar is 'n heerlike dek en ingeboude braai buite waar jy om die vuurput kan sit ek kuier en die sterrehemel aanskou. Die verfrissende swembadjie het ingeboude sitplekke en is ideaal vir dié wat 'n lang dag in die Kruger met 'n drankie wil afsluit. Dis ook ideaal vir kinders aangesien ouers op die dek kan agteroorsit en 'n ogie kan hou oor die jongspan.

Die apies kom spog met hul kleintjies, die koedoes kom rus in die koelte onder die bome en die kameelperde slaap daar in die aande.

Magani Ridge is privaat en diep in die bos geleë met toegang via 'n pypsteelingang. Dit is die ideale plek om tyd te spandeer saam met familie rondom die vuurput of op die dek. Die huis is klein en eenvoudig, maar ons bied goeie kwaliteit afrondings vanaf die kombuis toebehore tot die gemaklike beddens.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Amanda K
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing wonderlik. Wragtig 'n wonderlike plekkie in die hart van die bos. Die diere wat mens sien net op die stoep is amazing. Die plekkie self is net...
Sien meer
Okt 2024
Ronel S
Saam met vriende
5.0
Rus vir my siel. Heerlik verby! Geniet die nuwe aanbouing van die sitplek buite, en ook veilig en gemaklik om diere te fotografeer, die swembad altyd ...
Sien meer
Sep 2024
Colyn D
Saam met lewensmaat
5.0
Perfek vir ons. Ons het heerlik gekuier, die diere wat kom inloer het, het dit ekstra spesiaal gemaak. Die plek was vir ons twee ideaal gewees en ons ...
Sien meer
Aug 2024
Danielle L
Saam met lewensmaat
5.0
Very relaxing. Very lovely and calm.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Dalene L
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en rustig. Vriendelike diens met aankoms en geen ekstra kostes.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 63

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Moddervislaan 1641, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Magani Ridge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
R 2 500 R 2 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf R2 500
R 2 500 R 2 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moddervislaan 1641, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd1399fc89da00ae3e5bda7760eee20cbfe69cad62ecff124b76100377abb387f7bd357ea8dd4c9fc0892ec85292243207c3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 500 nouVanaf R2 000 per nag, vir 6 mense 63 5 1 5 1641 Moddervis Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.343371532011 31.762472391129

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang