Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Magoebaskloof Camping Sites

Kampeer/karavaan

Resensies

3.6/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.4
Diens
3.7
Veiligheid
3.7
Emmerentia A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2023

Waar siel en natuur mekaar ontmoet. Regtig 'n ondervinding om te koester. Rustig, skoon en die natuurgeluide bring menswees tot stilstand. Personeel is so hulpvaardig. Wie ookal die eienaar is, baie dankie dat jy Eden met ons deel.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jos L
1 nag
4.4
Jul 2023

Baie natuurskone area. Ons het laat die middag aangemeld en het maklik toegang gekry. Die natuurskoon is een vir die boeke. Die geriewe het egter effe teleurgestel. Van die ligte en een van die storte het nie lekker gewerk nie. As ons nie al mense was nie, sou die gebreekte stort 'n probleem gewees het.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Hanlie F
1 nag Saam met lewensmaat
1.2
Jun 2023

As jy 'n 4x4 voertuig het. Dis 'n lekker kampplek as jy 'n 4x4 voertuig het.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Cathrine F
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Feb 2022

Beautiful. Road only for 4x4 caravans.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Charlene S
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Des 2022

Beautiful scenery in the heart of the valley. As a whole, a pleasant experience but wouldn't camp here again. The campsite feels exclusive since there are only a few spots, and the no music policy is fantastic. Seems like you're camping on a working farm and you can hear people living on the farm clearly. (The noise at night didn't last long, but we were woken up just after 5am by a car's hooting.) The name on the website is incorrect which makes finding the place quite tricky. (It's actually called Magoebaskloof Getaway). The website states you should look out for yellow banners to find the entrance, however, the banners are no longer yellow - they are now white, and with the name of the campsite being different to the actual name of the campsite, it's rather confusing. This is a little thing, but there was no soap in the soap dispensers. Having it which would have been a welcome touch. Cold shower: this could be due to loadshedding but made my overall experience unpleasant. No braai grid at our camp spot. We were able to use a grid from an unoccupied camp spot, but if all the spots were filled, this would've been inconvenient.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Theo I
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.6
Des 2022

Mooi ligging maar nie 'n plek wat ek sal aanbeveel nie. Het hulle Sondag 25 Desember ongeveer 15 keer probeer kontak maar die selnommer lui totdat hy na voicemail gaan. 'n Whatsapp is gestuur teen 20:46pm na die selnommer en ook na webtuiste, hulle probeer kontak het aangesien ek teen 10am die 26ste wou inboek. Die 26ste Desember het ek hul weer probeer kontak teen ongeveer 10uur maar steeds lui die sel tot hy voicemail toe gaan. Teen 11am by my aankoms by hul ingang kry ek eers 'n "yes its fine" Whatsapp. Die kampeerterrein se naam is eintlik Eden's Gate of Magoebaskloof Getaway en nie aangedui soos op die kaart wat webtuiste voorsien het nie (daar is baie ander kampplekke in dieselfde omgewing en sonder 'n regte naam gaan jy op 'n verkeerde plek opeindig). Die aanwysings op webtuiste het ons na 'n verkeerde plek in die bos geneem, ons het dus verdwaal. Weer die bestuurder gebel, maar weereens antwoord hul nie hul foon nie. Ek het 'n pindrop versoek maar wag steeds daarvoor. Groot gesukkel kom ons by die plek aan met 'n pad wat ek nie sou aanbeveel met 'n kar en karavaan nie - die pad kort baie werk. Ons het vir Sam by ontvangs ontmoet wat nie hulpvaardig was nie, so asof ons hom kom pla. Hy beweer die 50% moes nog betaal wees, na ek hom vinnig moes reghelp dat dit reeds betaal was. Sy vlou verskoning was daar is nie opvangs in die berge nie en was nie bewus van die oproepe die afgelope 2 dae nie. Ek bel onmiddellik die nommer voor hom en hy word rooi van skaamte toe die foon in sy hande lui. Hyt ook nie gesien dat ons 'n pindrop gevra het na ons amper 'n uur in die bos verdwaal het nie. Kampeerterrein was leeg en ons kon 'n staanplek kies. Ons was die enigste kampeerders. Het staanplek 6 gevat wat die meeste gras het. Die res is grond en met al die reen was dit 'n moddergemors. Sekerlik kan hulle die plek waarop jou karavaan of tent staan, met paving bakstene oordoen soos 99% van ander kampplekke wat verhoed dat alles vol modder word. Badkamers was skoon, maar die regterkantste mans toilet (net 2 toilette in mansbadkamer en 2 in vroue badkamer) lek water wat die badkamervloer verspoel. Linkerkantste handewasbak se kraan kan ook vasgedraai word. Die mans stort kop is gebreek en moet jy ronddans om nat te word. Die vroue badkamer se regtertoilet lek ook water en ek moes die kraan toedraai om die vermorsing te stop. Net sekere gloeilampe in die kampeerterrein het gewerk en moes ons self van die gloeilampe by die leë staanplekke uithaal om die wat geblaas is te vervang. Van ons aankoms kon ons hoor daar's 'n kortsluiting iewers op die elektrise draad. Dag 2 na ek kla, het hulle in die tuin by staanplek 5 'n lewendige oop elektriese draad gevind en dit afgebind. Ook geen elektrisiteit was beskikbaar by die staanplekke waar jy jou karavaan inprop nie aangesien die glo volgens die werkers op 'n 'single (one) fase" is maar die terrein en ablusieblokke is op 'n "three fase". Na 2 dae sonder krag, het die werkers verlengengskoorde beskikbaar gestel wat in die badkamers ingeprop moes word. Die mense wat 'n dag na ons ingeboek het op staanplek 4 en 5 het ook nie lank gebly nie en was ook ongelukkig. Die geyser was op solar so die lou water was beperk aangesien dit baie bewolk was. Sekerlik kon dit ook aan krag gekoppel word om 'n koue stort te voorkom. Muurproppe by die kapel wat buite langs 'n rivier en onder bome is, was oop en bloodgestel aan die reën. Ligging was besonders mooi - damme, terrein, chalets, maar ernstige maintenance moet oorweeg word. Dit sou ook baie beteken as die manager hulle telefoon antwoord aangesien hulle 'n oord bestuur. Ek sidder om te dink as daar 'n noodgeval moes wees en mense hulle probeer kontak. Op 'n skaal van 1 tot 10 gee ek hulle 'n 9 vir die ligging. Toegang tot die oord (die grondpad na die oord) 1 uit 10 - sal die pad nie aandurf sonder 'n behoorlike 4X4 nie. Nie goed vir 'n gewone dorpskar nie. Kliëntediens sal ek hulle 'n 0.5 uit 10 gee. Sou ek die plek aanbeveel vir ander kampeerders? Beslis nie graag nie. LW ek sou hul geen ster gee vir kliëntediens nie, maar moes gedwonge aangesien jy nie jou kommentaar kan stoor sonder die spasie te voltooi nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Rachel V
Kort verblyf
4.4
Jan 2021

Baie skoon en netjies. Mooi natuur en rustig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Marisa B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Nov 2021

Heerlik, rustig gekuier. Ons het baie lekker gekamp, maar die pad was nie geskik vir n 2x4 met 'n sleepwa nie. Mens het virseker 'n 4x4 nodig vir sleep na die kamp toe.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Christo H
Kort verblyf Saam met vriende
3.6
Aug 2021

Baie stil en mooi. Paadjie af na die oord bietjie steil vir gewone karavaan. Ideaal vir tente en boswaens. Ablusiegeriewe mooi en skoon, maar kan te min wees as park vol is. Baie lekker gekamp en winkeltjie het nodigste.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
5.0

Kyle M
Kort verblyf Saam met vriende
2.0
Jan 2021

Not as advertised. This place was not as advertised, there are no waterfalls near the area as advertised, no trails directly from camp site, we went for a walk and got chased off a property for trespassing. There is no mention of the wedding chapel on the camp grounds and no prior notification that a wedding will take place during our stay. So the rest of the camp area was used as a parking lot for 150 peoples cars, in addition the wedding venue did not have enough ablution facilities so the camp ground ablutions was used and not cleaned. No sanitizing stations were available at the ablutions as per Covid 19 regulations needless to say that the 150 people that attended the wedding at the camp site a day after the new level 3 was announced. I would not recommend this camp ground to anyone, the blatant false advertising is disappointing. We ended up leaving 3 days earlier than planned due to all of the above. In addition the camp manager indicated that she is aware of the false advertisement and verbally communicated that the owner will not change the false advertisement on the websites.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Prosper Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 149

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R460
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R460
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magoebaskloof 47.1, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9263d4d2964b0e7d04bd691e1642e99c4fec825ea79300beeed15e2f8c1b6079c5b0058fb645f8baeb6fcce5b7567fcdf75d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R460 per nag, vir 2 mense 27 5 1 4 Magoebaskloof 47.1 Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.869308604836 30.014139476196

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang