Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mahanaim

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 146 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Margaret H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Aangenaam en rustig. Ons is vriendelik ontvang in pragtige en skoon blyplek. Alles was baie netjies. Ons gasvrou het moeite gedoen om in al ons behoeftes te voorsien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Henk L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Gerieflike oornag verblyf in Dullstroom. Ons het lekker gebly met baie bederfies! Veral die lekker warm kaggeltjie op 'n koue aand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Baie dankie vir jou mooi resensie. Ons waardeer! Kom kuier gerus weer. Daar's altyd genoeg hout vir die koue dae by die kaggelvuurtjie. Ons sien uit om jul weer te huisves.

Marnelise H
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Vriendelik, verwelkomend, fantasties. Fantasties, dit is wonderlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Baie dankie vir jou pragtige resensie. Ons waardeer! Kom kuier gerus weer.

Annatjie N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Heerlik! Heerlik gebly, plattelandse gasvryheid. Naby genoeg om sommer te stap na die winkeltjies en eetplekke.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Annetjie, dit was 'n groot voorreg om julle te kon huisves. Ons waardeer julle terugvoer en so bly julle het die tydjie in Dullstroom by ons plek geniet. Kom gerus weer!

Frans N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Uitstekende verblyf, baie lekker gebly. Baie goeie ligging en veilig. Geriewe baie goed. Baie privaat. Uitstekende plekkie met baie aangename gasvrou. 'n Baie aangename persoon en sorg dat die plekkie gediens word. Kom weer in die somer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Dankie Frans vir die mooiste resensie. Dit was kosbaar om jul te kon verwelkom by ons. Ons sien uit na jul koms in die somer maande. Jul sal alles weer net so mooi hier vind.

Pieter V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Heerlike, netjiese verblyf met vriendelike hulpvaardige diens. Die gasvryheid en hulpvaardigheid by Mahanaim is onverbeterlik. Die dorp en al sy groot lekkertes is binne maklike loopafstand en die eenheid is baie goed toegerus met alles wat jy mag nodig kry. Daar is soveel ekstratjies wat jy nie sou verwag nie, maar wat opreg waardeer word. Sonder twyfel sal hulle ons weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Baie dankie Pieter vir jul lieflike resensie. Dit was 'n vooreg om jul te kon huisves en ons waardeer jul kommentaar. Ons is so bly dat jul lekker hier gekuier het. Ons sien jul graag weer.

Casper V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Baie lekker, waarde vir geld. Enige tyd sal ons weer daar bly. Baie veilig, waarde vir geld en 5 minute se loop van die hoofstraat af. Mens hoef niks saam te vat nie, alles is klaar daar wat 'n plesier is. Die kaggels is wenners en het ons lekker warm gehou. Was al 'n paar keer in die dorpie, maar niks kom by die netheid, skoonheid en waarde vir geld uit nie. 'n Voorstel is dalk om 'n groter bed in die kamer te sit, sal gemakliker wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Ons waardeer jou resensie en aanbevelings, Casper. Dit bly vir ons 'n seën om gaste soos julle te kan huisves. Kom kuier gerus weer.

Susan B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Ons sal weer daar tuisgaan. Was so lekker gewees. Baie baie dankie vir 'n wonderlike tydjie by julle. Ons het dit terdeë geniet en almal was so vriendelik en gaaf gewees. Plekkie is netjies en skoon en pragtig ingerig vir wat jy nodig het vir 'n vinnige wegbreektydjie. Ons beveel hierdie plekkie aan om in te bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Baie dankie, Susan, vir jou hartlike terugvoer. So bly julle het die tydjie by Mahanaim geniet. Kom kuier gerus weer! Julle is altyd welkom.

Casper V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Fantasties, lekker gerus en sal weer daar bly. Waarde vir geld deur en deur. Plek is skoon netjies en het alles wat 'n mens nodig het en nog meer. 5 minute se loop tot in die hoofstraat en in die middel geleë. Perfek sou ons sê. Was vrek koud die naweek, maar die kaggels het ons lekker warm gehou. Dalk net 'n voorstel om die dubbelbeddens te vervang met 'n groter bed.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Baie dankie vir jou mooi resensie, Casper. Ons waardeer dit opreg. Ons sien daarna uit om jou weer by ons te verwelkom.

John G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Voel soos huis - oulike eienaars baie behulpsaam. Netjies - alles wat jy nodig mag kry en vol bederfies & baie veilig & veilige parkering.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matty
Mahanaim
Baie dankie, Coreen, vir jou resensie. Ons waardeer dit baie en is so bly dat julle al die bederfies geniet het. Julle is altyd weer welkom by ons.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Matty Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 146

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lesedistraat 171, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU0ODIyYTQ5LTVmOTUtNDYwYS05YjQ3LTM2YzhhM2NkYjNiMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 146 5 1 5 171 Lesedi Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.417823 30.104588

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang