Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Main 118

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 118, Struisbaai, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Main 118 is 'n selfsorgvakansiewoonstel wat op die onderste vlak van die eienaar se huis in die hartjie van Struisbaai beslaan. Met 'n privaat ingang kan dit 'n goeie opsie wees vir 'n kuswegbreek saam met die gesin aangesien dit binne stapafstand van die strand af is.

Dié woonstel het gemaklike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n buitetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 4 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof en 'n mini-oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Boonop het hierdie eenheid 'n binnebraai wat ideaal is vir die hele jaar. Deur die skuifdeure is 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel asook 'n omheinde tuinruimte met 'n vuurmaakplek waar gaste saans kan saamkuier. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Sanelle Geverifieer

Eiendomme 57

Resensies 62

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hoofweg 118, Struisbaai, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 118, Struisbaai, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa65480572100b778f9ce75a3469d51ad29c9c155d5f5c515cb89d134675754bb55b1e32cf7d0f49f60437504959b29cf4cda?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) 118 Hoofweg Struisbaai 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.802526 20.0569004

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang