Majestic Marine Self-catering Accommodation
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Broadway-weg 55, Uvongo, Margate, 6425, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 420 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Majestic Marine Self-Catering Accommodation is 'n lieflike huis in Beacon Rocks, Margate, en bied 'n 180-grade-uitsig oor die betowerende blou see. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of vriende wat naby die kus wil wees.
Dié verblyf bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers waarvan een 'n en suite-badkamer is. Die eerste, tweede en derde slaapkamers het koningingrootte-beddens en daar is 2 driekwartbeddens in die vierde slaapkamer. Die en suite-badkamer het 'n stort en die oorblywende badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die huis het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus is. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek en 'n TV.
Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met sitplek en 'n gasbraai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste sal naby Uvongo-strand, Uvongo-pier, restaurante en gewilde besienswaardighede wees.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Broadway-weg 55, Uvongo, Margate, 6425, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Beacon Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Broadway-weg 55, Uvongo, Margate, 6425, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang