Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Majorca House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Majorcalaan 8, Monte Sereno, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Majorca House is 'n gastehuis wat selfsorgverblyf bied en in Somerset-Wes geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagverblyf naby verskeie besienswaardighede.

Verblyf by Majorca House beskik oor 3 unieke en smaakvol versierde slaapkamers. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en/of bad, toilet en wasbak. Elke kamer het ook 'n kombuisie met basiese toebehore vir selfsorg. Die geriewe in hierdie kamers sluit lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n elektroniese kluis en koffie- en teemaakgeriewe in.

'n Heerlike ontbyt en aandete kan teen 'n ekstra tarief gereël word en word op versoek in die eetkamer voorgesit. Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike sitarea met 'n kroeg, pooltafel, veerpyltjiebord, braaigeriewe en 'n swembad.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en ons kan ook 'n lughawependeldiens vir jou reël. Majorca House is naby restaurante, 'n winkelsentrum, gholfbane, die strand en ander geriewe. Die perseel is net 'n entjie se ry van 'n reservaat en baie wynproeplekke af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Majorcalaan 8, Monte Sereno, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Majorca House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Majorcalaan 8, Monte Sereno, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8a4851f6b0c044746cb63bdac90f40177d22e41c93c3d676787d3daba3bce091360c83b6056c29d6e84fcf7e7e80d55e0e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 8 Majorca Avenue Monte Sereno 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.06247 18.84195

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang