Makhato Lodge 104
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 440 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Makhato Lodge 104 is ’n dubbelverdieping-selfsorglodge in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Hierdie reservaat is in Limpopo en is ’n privaat wildreservaat net 150 km vanaf Johannesburg. Hiér kan gaste die rustigheid van die bosveld geniet, sebras, koedoes, rooibokke en kampeelperde sien, asook voëlkyk geniet.
Lodge 104 bied verblyf aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, ’n solderarea, 3 badkamers en ’n gastetoilet. Daar is ’n oopplan-kombuis, -opwaskamer, -eetarea en - leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n volle en suite-badkamer met ’n bad en stort. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel ’n badkamer met ’n bad en stort. Daar is dakwaaiers in al die kamers.
Die solderkamer het 2 enkelbeddens, ’n leefarea, ingeboude kroeg en ’n badkamer met ’n bad en handstort. Die solder het skuifdeure wat na ’n onderdakbalkon lei waar daar ’n ingeboude braai en ’n etenstafel vir 8 gaste is.
Die kombuis is goed vir selfsorg toegerus met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, toonbank en 2 stoeltjies. Die eetarea het ’n etenstafel vir 8 gaste. Die leefarea het gerieflike sitplek, ’n kaggel, dakwaaier en ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Buite is daar ’n braai-area met ’n ingeboude braai en ’n etenstafel vir 8 gaste.
Sondela bied ’n restaurant en kroeg op die perseel, sowel as ’n plaas-koffiewinkel. sowel as ’n algemene handelaar vir basiese behoeftes, ’n gemeenskaplike swembad, ’n wildlewe-sentrum en Iketla Wellness and Spa. Daar is verskeie doendinge om gaste besig te hou, insluitend, wildritte, perdry, fietse wat te huur is, ’n 4x4-hindernisbaan en begeleide vierwielritte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 174
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang