Makhato Lodge 1
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Makhato Lodge 1 is 'n grasdak-lodge in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela in Limpopo en is vir selfsorg toegerus. Dié privaat reservaat is net 150 km van Johannesburg af en bied 'n ontspanne bosveld-ervaring waar gaste sebras, koedoes, impalas en kameelperde kan sien en na hartelus kan voëlkyk.
Lodge 1 het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n solderarea en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Al die slaapkamers het plafonwaaiers, verwarmers en skuifdeure wat na die stoep lei.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en daar is 'n ontbyttoonbank en 'n opwasarea. Die leefarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met buitemeubels. Die solderarea het 2 slaapbanke en bied toegang tot 'n onderdakbalkon. Die huis het ook 'n buiteboma met 'n ingeboude braai en vuurput.
Sondela het 'n restaurant en kroeg, asook 'n koffiewinkel, 'n algemene handelaar vir die basiese benodigdhede, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en Iketla Wellness and Spa op die perseel. Daar is oorgenoeg aktiwiteite om gaste besig te hou, insluitend wildritte, perdry, fietse wat te huur is, 'n 4x4-hindernisbaan en begeleide vierwielmotorfietsritte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 170
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Makhato Lodge 1 het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang