Makhato Lodge 51
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tweefonteinplaas 462 KR, Sondela Nature Reserve and Spa, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R2 750 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Makhato Lodge 51 bied gerieflike selfsorgverblyf in Sondela Natuurreservaat naby Bela Bela. Dit is in Limpopo geleë en is 'n privaat wildreservaat net 150 km vanaf Johannesburg. Hiér kan gaste die Bosveld se rustigheid geniet en sebras, koedoes, rooibokke en kameelperde sien, asook voëlkyk.
Dié verblyf het lugversorging, slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 aparte grasdak-eenhede wat elk 1 en suite-slaapkamer het. Die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Twee van die badkamers het 'n bad en 'n stort. Die oorblywende badkamer het 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Elke kamer het glasdeure met 'n uitsig oor die Bosveld.
Die hoofeenheid beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n yskas-vrieskas toegerus is. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Daar is 'n TV met DStv.
Hierdie verblyf spog ook met 'n ruim onderdakstoep, lapa, kroeg, buitesitplek en 'n ingeboude braai. Die boma het sitplek en 'n verhitte plonspoel met sonstoele en is omhein.
Sondela het 'n restaurant, kroeg, die Plaaswerfkoffiewinkel, 'n winkeltjie vir basiese benodigdhede, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en die Iketla Wellness and Spa op die perseel. Daar is baie aktiwiteite, soos wildritte, perdry, fietse huur, 'n 4x4-hindernisbaan en begeleide vierwielmotorfietsritte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Wildkyk
- Swem
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 170
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Tweefonteinplaas 462 KR, Sondela Nature Reserve and Spa, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tweefonteinplaas 462 KR, Sondela Nature Reserve and Spa, Bela Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang