Makhato Lodge 75
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R2 780 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Makhato Lodge 75 is 'n grasdak-selfsorghuis in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Die Sondela Natuurreservaat is 'n privaat wildreservaat net 150 km vanaf Johannesburg, waar gaste die stilte van die Bosveld kan geniet, en sebras, koedoes, impalas, kameelperde en 'n rits voëlspesies sal sien.
Lodge 75 het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 3 badkamers, 'n solder op die boonste verdieping en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, 2 wasbakke, 'n toilet en 'n buitestort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 2 wasbakke. Die solderkamer op die boonste verdieping het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die solder lei na 'n onderdakbalkon.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n toonbank met stoeltjies in. Daar is ook 'n aparte opwaskamer. Die eetarea het 'n tafel en 8 stoele, en die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met buitemeubels. Daar is ook 'n boma met sitplek, 'n kaggel en 'n braai-area.
Sondela het 'n restaurant, kroeg, koffiewinkel, algemene handelaar vir basiese benodigdhede, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en 'n spa, Iketla Wellness and Spa, op die perseel. Gaste kan wildkyk, perdry, fietse huur, 'n 4x4-hindernisbaan aanpak of op begeleide vierwielmotorfiets-ritte gaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 176
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Makhato Lodge 75 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang