Makhato Lodge 96
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R2 740 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Makhato Lodge 96 is 'n selfsorggrasdaklodge in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Die Sondela Natuurreservaat in Limpop is 'n privaat wildsreservaat net 150 km van Johannesburg af, waar gaste die rustigheid van die bosveld kan geniet en sebras, koedoes, rooibokke en kameelperde kan sien of kom voëlkyk.
Die lodge is geskik vir 8 gaste en het 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet, 'n solderarea en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninginggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort met 'n toilet en 'n wasbak. Daar is plafonwaaiers en verwarmers teen die muur in elke kamer.
Die boonste solderarea het lugversorging in die sitarea met 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Dié area lei na 'n onderdakbalkon met 'n eetkamertafel vir 8 gaste, 'n ingeboude braai en kantseile wat oprol.
Die onderste sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is 'n toonbank met 6 stoele.
Die huis het 'n grasdaklapa met stoepmeubels, 'n ingeboude braai en 'n yskas. Daar is ook 'n boma met 'n vuurherd en sitplekke.
Sondela het 'n restaurant, kroeg, plaaskoffiewinkel, algemene handelaar, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en 'n spa op die perseel. Daar is talle doendinge op die perseel soos wildritte, perdry, fietsry, fietse te huur, 4x4-roetes en begeleide vierwielmotorfietstoere.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 174
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Makhato Lodge 96 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang