Makuwa Safari Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R531, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R3 740 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Makuwa Safari Lodge is in die Krugerwildtuin, sowat 20 km vanaf die Orpenhek geleë. Dit is die ideale basis vanwaar gaste die Krugerwildtuin en die omliggende areas van Mpumalanga kan verken. Gaste kan 'n skemerkelkie geniet terwyl die son oor die Drakensberge op die horison sak voordat hulle aansit vir 'n heerlike ete wat deur die personeel voorberei is.
Verblyf word in lugtige grasdakkamers gebied en elkeen is uniek versier en gemeubileer. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, muskietnette, 'n waaier en 'n onderdakstoep met 'n uitsig oor die tuin en die swembad.
Anderkant die grasperk, agter die heining, is Makuwa Safaris Lodge se privaat reservaat waar buffels, sebras, njalas, koedoes, ander wildsbokke en ook soms luiperds, wildehonde en leeus te sien is.
Makuwa spog met 'n oop, sentrale lodge wat vir kuier in die bos ontwerp is. Die oopplan-kombuis en -kuierarea lei na 'n beskutte stoep. Die boma onder 'n enorme vyeboom is die ideale plek om 'n ete onder die sterrehemel te geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Zululand Lodge Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R531, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Hoedspruit Limpopo
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R531, 40 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang